'Slimdorp' kom by Avis
Bouwerk begin aan N$500 miljoen-ontwikkeling
Windhoek kry nog 'n luukse omheinde gemeenskap met hospitaal, inkoopsentrum en konferesiesentrum
Die grondleggingseremonie van die Sakeforum vir Inheemse Mense (IPBF) se groot behuisingsontwikkeling in Avis, het Donderdag plaasgevind.
Dit is deur die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Verna Sinimbo, behartig. Sy het saam met IPBF se voorsitter, mnr. Albin Ilovu, die lint gesny en saam met die streekraadlid vir Windhoek-Oos, mnr. Brian Black, het hulle die grond simbolies met grawe omgedolwe.
Tydens die geleentheid het die forum se uitvoerende hoof, mnr. Chrisch Siririka, gesê dit was 'n stryd van sewe jaar om aan die projek gestalte te gee.
Volgens die projekkoördineerder, me. Martha Kakonda, het hulle sedert die bemarking in November 2021 begin het, sowat 80% van die erwe in fase 1 van die ontwikkeling verkoop.
Fase 1 behels 38 erwe van gemiddeld 896 m² elk teen N$1 000 per vierkante meter. Dit sluit ook agt algemene residensiële erwe in waarop meenthuise gebou sal word.
Die totale ontwikkeling, wat in drie fases gebou word, sal uit 206 huise en 195 luukse meenthuise bestaan. Die ontwikkeling sal ook met ’n internasionale konferensiesentrum spog, sy eie hospitaal en ’n inkoopsentrum hê.
IPBF sê hul 371 976 m²-ontwikkeling sal na verwagting N$564 miljoen kos.
Die adjunkminister sê 3 500 werksgeleenthede sal gedurende die bou van die slimdorp geskep word en sê sy is bly om te sien dat die eiendomsmark aan die herstel is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie