Shiimi wil bankkostes reguleer
BoN ontvang klagtes van publiek
'n Nuwe wet wil die buitelandse eienaarskap van banke takel.
Die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, wil banktariewe en bankkostes reguleer.
Dit word vervat in die nuwe wetsontwerp op bankinstellings wat hy op 26 Junie in die parlement ter tafel gelê het. Die nuwe wetsontwerp het ten doel om die bestaande Wet op Bankinstellings no. 2 van 1998 te wysig.
“Die Bank of Namibia (BoN) het talle klagtes van lede van die publiek ontvang oor die buitensporige tariewe wat bankinstellings hef. As die reguleerder van bankinstellings het die BoN ’n verpligting om te verseker die tariewe vir dienste wat bankinstellings lewer aan kliënte wat vir die dienste moet betaal, word in die publieke belang bepaal, en is in ooreenstemming met die koste wat aangegaan word om daardie dienste te verskaf.
“Daarom word voorgestel dat die minister die magtiging bekom om regulasies in te stel met betrekking tot tariewe en heffings wat deur bankinstellings op hul kliënte afgedwing word,” het hy in sy toespraak gesê.
“Ek wil die Huis verseker dat die regulering van tariewe en heffings op ’n verantwoordelike wyse uitgevoer sal word, sonder om ’n kompromie aan te gaan vir die stabiliteit van die finansiële stelsel,” het Shiimi sy medewetsontwerpers verseker.
Verskeie banke het dié week ’n verhoging in hul koste en tariewe aangekondig.
Bank Windhoek se uitvoerende hoof vir kommunikasie, Jacquiline Pack, het gesê: “Volgens die beskikbare inligting is die nuwe wetsontwerp op bankinstellings onder hersiening en moet dit nog deur die parlement bekragtig word. Ons kan nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.”
Volgens die minister het die bestaande wet leemtes wat veral deur die Wêreldbank se hersiening in 2018, en meer onlangs deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die taakmag vir finansiële aksie uitgelig is. Hierdie tekortkominge sluit ook die leemte in met betrekking tot wie die voordelige eienaars van banke in Namibië is, en die magte van die BoN om te kan intree as plaaslike banke besig is om te misluk.
Verder is die wetsontwerp deur die ministerie en die BoN saamgestel om klein finansieringsinstansies - soos verskaffers van kontantlenings - beter te reguleer, om onwettige finansiële skemas meer doeltreffend te bekamp, en om ’n meer volhoubare balans tussen plaaslike en buitelandse eienaarskap van plaaslike banke te vestig.
In terme van buitelandse eienaarskap, sê Shiimi in net twee uit agt plaaslike banke is Namibiërs die meerderheidsaandeelhouers.
“Buitelandse beheermaatskappye meng by die bestuur van die plaaslike bankwese in. Hierdie inmenging het ’n negatiewe impak op institusionele onafhanklikheid en op nasionale ekonomiese ontwikkeling omdat kommersiële besluite geneem word ten gunste van buitelandse belange in plaas van nasionale belange.
“Daar word voorgestel dat die bevoegdhede van die raad van direkteure van bankinstellings versterk word om hul onafhanklikheid in die uitvoering van hul fidusiêre funksies te verseker,” sê die minister.
Bestaande wetgewing beperk nie buitelandse eienaarskap van banke nie.
Verder sal die nuwe wetgewing ook eis dat eienaars wat voordeel uit hul banke trek, spesifiek geïdentifiseer word. Die BoN sal ook eers goedkeuring moet gee voor enigiemand aandele in ’n bank of soortgelyke instansies mag koop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie