Namibiërs kry swaar midde stygende voedselprys. FOTO PEXELS.COM
Namibiërs kry swaar midde stygende voedselprys. FOTO PEXELS.COM

Prysverligting in Mei vir koring, olies

Blootstelling aan internasionale markkragte
As 'n prysnemer kan klein lande soos Namibië nie die impak van wêreldwye onderbrekings in voedselkettings asook voortdurende stygings weerstaan nie
Elvira Hattingh
Mei het beduidende dalings in internasionale pryse vir koring, mielies, groente-olies en kaas gesien, terwyl die prys van rys, suiker en vleis gestyg het.

Dit is goeie nuus vir Namibië, wat ’n netto-invoerder van kos is en swaar steun op buitelandse markte vir die invoer van onder meer mielies en koring.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) se voedselprysindeks wat Vrydag (2 Junie) vrygestel is, het die graanprysindeks met 4,8% gedaal teenoor die vorige maand – gelei deur ’n daling van 9,8% in wêreldpryse vir mielies. Dit is glo as gevolg van gunstige vooruitsigte in die produksie van mielies asook die trae vraag daarna vir invoere.

Die FAO monitor internasionale prysveranderinge van die algemeenste verhandelde voedselkommoditeite met behulp van die indeks.

KORING

Wêreldpryse vir koring het ook met sowat 3,5% gedaal danksy genoegsame voorrade en die verlenging van die Swartsee Graan-inisiatief.

Daarteenoor het internasionale pryse vir rys gestyg as gevolg van uitvoerlande wat minder verskaf het, terwyl Asiese lande voortgaan om daarvan te koop.

Die FAO-indeks vir olies het met 8,7% in Mei gedaal, wat beteken olies is tans tot 48,2% goedkoper as in die begin van 2023. Die prys van sonneblomolie het gedaal terwyl daar tans genoegsame voorraad daarvan wêreldwyd beskikbaar is, terwyl die prys van palmolie beduidend sedert April begin val het. Die prys vir soja-olie het ook vir die sesde agtereenvolgende maand gedaal ná ’n rekordoes van soja in Brasilië en groot hoeveelhede voorrade in Amerika.

Die indeks vir suiwel het sedert April ook met 3,2% gedaal nadat die internasionale prys vir kaas sterk afwaarts geneig het. Dit word toegeskryf aan genoeg voorraad wat beskikbaar is danksy die seisoenale beskikbaarheid van melk in die Noordelike Halfrond.

Internasionale pryse vir suiker het egter sy derde verhoging in vier agtereenvolgende maande gesien, terwyl die FAO-indeks vir vleis ook met sowat 1% gestyg het. Laasgenoemde word toegeskryf aan ’n verhoogde vraag na hoendervleis uit Asië en tekorte aan beesvleis vir Amerika.

NAMIBIë

Volgens First Capital Namibia se tweejaarlikse voedselprysverslag, waarvan die jongste in April vrygestel is, is Namibië as ’n netto-invoerder van voedsel kwesbaar vir internasionale voedselpryse asook die wisselkoers – veral teenoor die Amerikaanse dollar.

Terwyl Namibië sterk op buitelandse markte steun vir die invoer van mielies en koring, stel dit die land bloot aan eksterne skokke in wêreldmarkte, wat die kommoditeite se pryse beïnvloed.

Dit kom terwyl voedselpryse wêreldwyd skerp toegeneem het in 2021 en 2022, hoofsaaklik weens onderbrekings in verskaffingskettings, ’n verhoogde vraag daarna en hoër insetkoste. Dit het daartoe gelei dat die wêreldwye voedselindeks met 31,5% op ’n jaar-tot-jaar-basis in April 2021 verhoog het en hoog gebly het in 2022 en tot dusver vanjaar.

“As ’n prysnemer kan klein lande soos Namibië nie die impak van wêreldwye onderbrekings in voedselkettings asook voortdurende stygings weerstaan nie.

“Die grootste dryfvere van voedselinflasie in Namibië is skokke in die verskaffingsketting asook droogtes, stygende brandstofpryse en onderbrekings in internasionale voedselkettings. Die Bank of Namibia (BoN) reageer teen die voortdurende stygende inflasie met behulp van beleide vir die bestuur na vraag, soos deur die rentekoers te verhoog," lui die verslag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!