President Hage Geingob en die president van die EU kommissie Ursula von der Leyen.
Foto Namibia Presidency
President Hage Geingob en die president van die EU kommissie Ursula von der Leyen. Foto Namibia Presidency

Hage lok Europese beleggers

Terug ná suksesvolle besoek
Die EU-Namibië Besigheidsforum bewillig 1 miljard euro aan groen waterstof en waardetoevoeging.
Augetto Graig
Die staatshoof het verlede week in Brussel, België, die Europese Unie (EU), lidlande en finansiële instellings se steun ter waarde van sowat N$21,3 miljard gekry vir die ontwikkeling van groenwaterstof- en kritieke mineraalwaardekettings in Namibië.

President Hage Geingob het Donderdag ná ’n suksesvolle besoek in Europa na Namibië teruggekeer.

Dit is die uitkoms van die EU-Namibië Besigheidsforum wat verlede week onder die vaandel van die Global Gateway-inisiatief gehou is.

In ’n EU-verklaring word die padkaart vir die implementering van die vennootskap uiteengesit.

Volgens die verklaring het Geingob en die president van die EU-kommissie, Ursula von der Leyen, verlede Dinsdag die plan onderskryf, wat 1 miljard euro aan die strategiese vennootskap toeken. Dit om volhoubare waardekettings van rou materiale en die hernubare vervaardiging van groen waterstof te ondersteun.

Die EU sal ook ’n studie van Walvisbaai ondersteun, om Namibië se voorste hawe verder as ’n nywerheids- en logistieke spilpunt vir Suider-Afrika te ontwikkel.

Die padkaart – wat tot 2025 strek – lys die integrasie van waardekettings, die samewerking om omgewings-, maatskaplike en bestuurskriteria te benut, asook die mobilisering van finansiering vir infrastruktuur, kapasiteitsbou, opleiding en vaardigheidsontwikkeling.

Die beplanning behels ook navorsing en innovasie en om regulasies in lyn te bring om sintetiese brandstof plaaslik te vervaardig.

Die padkaart behels ook eksplorasie en kommersiële ontwikkeling van kritieke mineraalprojekte, opnames en die ontleding van verlate myne in Namibië, grondgebruik-beplanning en bestuur.

Finansiering vir water-, spoorlyn- en hernubare energie-infrastruktuur gaan hand aan hand met die finansiering vir die ontwikkeling van hawens, spoorlyne en paaie, en die bou van geïdentifiseerde mynbouverwerking en groen-ontwikkelingsprojekte.

Tegniese opvoeding en beroepsopleiding sal Europese steun geniet, saam met studies en gesamentlike navorsing in terme van die totale kritieke mineraalwaardeketting, volgens die verklaring.

Namibië se nasionale strategie in terme van kritieke minerale sal ontwikkel word terwyl wetgewing vir sintetiese brandstof geskep sal word om waterstof en verwante nywerhede te ontwikkel en te verseker dit is in lyn met internasionale standaarde.

In terme van Walvisbaai sal die EU samewerking tussen die hawe van Antwerpen en Brugge ondersteun om ’n ontwikkelingsmeestersplan te ontwikkel vir infrastruktuur, grondgebruik en die samestelling van die mark. As deel van die EU-Afrika Global Gateway-beleggingspakket moet Walvisbaai – as eindpunt van die Maputo-korridor – Europa se toegang tot die Suider-Afrikaanse mark van 300 miljoen inwoners vergemaklik.

Geingob het verlede Woensdag in ’n toespraak gesê: “Dit is duidelik dat nie een van die partye meer tevrede sal wees met die inruil van onverwerkte kommoditeite tussen mekaar nie. Daarom is waardetoevoeging tot Namibië se natuurlike hulpbronne en die oordrag van tegnologie ’n kernprioriteit en ons pad se fokus.”

Hy sê Namibië het ’n doeltreffende bestuursargitektuur, wat deur prosesse, stelsels en instellings ondersteun word.

“Daarom is Namibië goed geposisioneer om die verwagte globale en Europese aanbodgaping in waterstof te help vul en die koste van die netto nul oorgang te verlaag,” sê Geingob.

Hy stel uitvoer-instrumente voor om ’n plaaslike sintetiese brandstofbedryf te vestig en ’n EU-Namibië aankoopprogram vir die nuwe produkte wat in Desember by COP28 in die Verenigde Arabiese Emirate voorgelê kan word.

“Die EU is trots om ’n vennoot in hierdie transformerende reis na groen industrialisasie te wees. Saam kan ons verder ons ekonomieë van koolstof bevry, werksgeleenthede skep en ’n meer volhoubare en groener toekoms vir ons samelewing verseker,” het von der Leyen gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%