groot aub
groot aub

Armoede vier hoogty

Jo-Maré Duddy
Ongeveer 25% van Namibiërs woon in plakkershutte of sinkhuise volgens die 2019/2021-sensuskarteringverslag wat vandag deur die Namibië Statistieke Agentskap (NSA) vrygestel is. Met sowat 41,1% het Khomas die hoogste aantal geïmproviseerde wooneenhede/hutte.

Sowat 53% van huishoudings in Namibië gebruik vuurmaakhout as die hoofbron van energie om te kook, en slegs 31% van die huishoudings gebruik elektrisiteit as hoofbron. Byna 43% van huishoudings landwyd het geen toiletgeriewe nie en word na die bosse, rivierbeddings en landerye gedwing.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer