Die Namibiu00EB FNB Eagles se amptelike nuwe speeldrag vir die ICC T20 Wu00EAreldbeker word deur die kaptein Gerhard Erasmus tydens die amptelike fotosessie uitgestal. Foto ICC / Getty Images
Die Namibiu00EB FNB Eagles se amptelike nuwe speeldrag vir die ICC T20 Wu00EAreldbeker word deur die kaptein Gerhard Erasmus tydens die amptelike fotosessie uitgestal. Foto ICC / Getty Images

Wedywering met Skotland vandag hervat

Krieket
Die FNB Eagles doen hul laaste skaafwerk voor hul groot WB-openingswedstryd volgende Dinsdag teen Nederland.
Andrew Poolman

Afrigter Craig Williams se jong Namibiese FNB Eagles-groep speel vandag (vanaf 09:30) in hul eerste amptelike opwarmwedstryd teen Skotland, voor die naderende ICC T20 Wêreldbekertoernooi.

Die wedstryd word in Bengaluru, Indië, as gasheerland vir die Wêreldbeker gespeel. Die Namibiërs se tweede amptelike opwarmwedstryd sal Vrydagmiddag teen Indië se A-span ook in Bengaluru wees.

Namibië (15de) is tans een posisie agter Skotland (14de) op die wêreldranglys in T20-krieket.

Die Eagles hou ‘n voorsprong van drie oorwinnings teen een in regstreekse T20-botsings teen Skotland. Twee van dié kragmetings was in WB-toernooie – met Skotland wenners van die mees onlangse een.

22 Oktober 2019, ICCA Dubai, ICC T20 Wêreldbeker kwalifiserende toernooi.

Namibië 159/6 teen Skotland 135/8 (20 bb). Namibië wen met 24 lopies. Speler van die wedstryd: JJ Smit (NAM) 43 van 22 balle (1x4 4x6) en 1/31.

09 Oktober 2021, ICCA Dubai.

Skotland 137/8 teen Namibië 138/5 (17.4 bb). Namibië wen met 5 paaltjies (met 14 balle oor). Speler van die wedstryd: Craig Williams (NAM) 50 van 37 balle.

27 Oktober 2021, ICC T20 Wêreldbeker, in Abu Dhabi (aandwedstryd).

Skotland 109/8 teen Namibië 115/6 (19.1 bb). Namibië wen met 4 paaltjies (met 5 balle oor). Speler van die wedstryd: Ruben Trumpelmann (NAM) 3/17.

06 Junie 2024, ICC T20 Wêreldbeker, Bridgetown, Barbados.

Namibië 155/9 teen Skotland 157/5 (18.3 bb). Skotland wen met 5 paaltjies (met 9 balle oor). Speler van die wedstryd: Michael Leask (Skotland) 35 van 17 balle en 1/16.

Kommentaar

Republikein 2026-02-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer