PAS IN: Filmmakers kan ‘n verskil maak
Sunshine Cinema en die Universiteit van Kaapstad het hande gevat om ‘n kursus in basiese mediafasilitering bekend te stel. Die doel van hierdie kursus is om gemeenskappe regoor die wêreld ‘n stem te gee teen die kwessies wat hulle in die gesig staar en ander te help om ‘n beter toekoms vir hulself te kweek. Hierdie innoverende aanlyn kursus bied aan deelnemers die geleentheid om oor ses maande in diepte na die teorie en praktyk van die filmbedryf te kyk deur interaksie met gehore oor kwessies van maatskaplike verandering deur dokumentêre- en fiksie rolprentvertonings, besprekings en ander intervensies. Die kursus is gebore uit die behoefte om die gebrek aan opleidingsgeleenthede in die groeiende veld van impakproduksie aan te spreek, en word gedryf deur twee toonaangewende praktiese en teoretiese vennote in dié bedryf wat in Afrika gebaseer is.
Die Impact Screening--fasiliteringsprogram word in 2023 aangebied. Tien beurse is beskikbaar vir rolprentvervaardigers, wat aanlyn aansoek kan doen by https://sunshinecinema.org/2023-uct-impact-course.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2023.
Rig enige navrae via e-pos aan [email protected].
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie