Vir meer as net brandstof

Outjo TotalEnergies voorsien in allerlei smake
Heerlike vars gebakte brood en wegneemetes is hier op die spyskaart.
Desiree Gases
Desiree Gases op Outjo



Die egpaar Pieter en Tanja Praetorius het in September 2014 TotalEnergies in Hage Geingobstraat in Outjo op pad na Etosha oorgeneem. Hier kan kliënte uitsien na ’n wye verskeidenheid produkte en dienste.



Behalwe vir die gewone produkte wat ’n mens by ’n diensstasie kan bekom, is TotalEnergies Outjo veral bekend vir sy varsgebakte brood, brötchens en gesondheidsbrode. Hulle verkoop ook heerlike vars gemaakte wegneemetes, uitgesoekte kruideniersware en iets te drinke.



Nog iets wat TotalEnergies in Hage Geingobstraat onderskei, is dat hulle stortgeriewe vir vrag­motorbestuurders en werknemers bied wat direk met brandstof werk. Vir joggies beteken dit hulle kan stort voordat hulle huis toe gaan, terwyl vragmotorbestuurders vars kan voel voor hulle verder die langpad aandurf.



Volgens Pieter beplan hulle om in die toekoms ook karwasgeriewe aan te bied “sodra sekere ander projekte voltooi is”.



Die besigheid verskaf werk aan ­ongeveer 20 personeellede.



Om die besigheid te bring tot waar dit vandag is, was egter nie altyd ’n maklike reis nie, met die egpaar wat verskeie uitdagings moes oorbrug.



“Nadat ons besluit het om die ­besigheid op te knap, was dit uitdagend om ’n naam en ’n mark op Outjo te vestig, veral omdat ons onderneem het om so ver moontlik aan kliënte se unieke behoeftes en versoeke te voldoen,” het hulle vertel.



Gelukkig is daar ook altyd goeie nuus. “Ons bakkery en wegneem­etes is die beste in die dorp. Behalwe vir ons goeie pryse, is ons ook bekend vir ons uitstekende kliënte­diens wat regtig gehelp het om ons naam in die mark te vestig.”

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer