Vegas-glans by 2023 se eerste Drag Night
Die gewilde Drag Night Namibia-vertonings is terug en debuteer eerskomende Saterdag met sy derde seisoen.
Dié reeks, wat in 2021 by die ou Café Prestige gebore is en later na dié kafee se nuwe ruimte by die Frans-Namibiese Kultuursentrum verskuif het, word vanjaar by verskeie ander venues aangebied in ‘n poging om die beweging na ‘n groter gehoor te neem.
Die eerste vertoning sal plaasvind by The Loft by die Ou Kragstasie (waar die Inspirasietafels-markte destyds aangebied is), met Windhoek se Safari Hotel en verskeie ander venues in die hoofstad en oraloor Namibië wat in die toekoms gasheer vir Drag Night Namibia sal speel. Die vertonings sal voortaan weer eens in die eerste naweek van elke maand aangebied word.
Die tema van die eerste vertoning is “50 Shades of Vegas” en gaste word aangemoedig om hul blinkste en helderste Vegas-geïnspireerde uitrustings aan te trek, met die “queens” van Drag Night Namibia wat die energie sal bring met hul lipsing-, sang- en danstalent en algehele verhoogteenwoordigheid.
“Ons belowe 'n aand vol glans en kan nie wag om vir die gehoor te wys wat die queens in die mou voer vir die derde seisoen nie.
“Moenie die geleentheid misloop om die diversiteit en inklusiwiteit van die drag-gemeenskap te vier nie,” het die span in 'n onlangse mediaverklaring gesê.
Kaartjies vir die geleentheid is vooraf teen N$120 beskikbaar via webtickets.com.na of by enige Pick n Pay-winkel, en teen N$150 by die deur die aand van die vertoning.
Vir meer inligting, kontak [email protected] of 081 277 1671.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie