Foto Facebook
Foto Facebook

Uitvoerende kunste in die kollig

Namibiërs word opnuut uitgenooi na die Universiteit van Namibië (Unam) se Performing Arts Showcase wat vanjaar op 7 en 8 Oktober aangebied word.

Hierdie “vertoonvenster” vir uitvoerende kunste, die eerste van sy soort, is vir die eerste in Oktober 2019 gehou en spruit uit die samewerking tussen Unam se drama-departement en die Nasionale Teater van Namibië (NTN).

Die Unam Performing Arts Showcase spog met die allerbeste wat senior uitvoerende kunsstudente in die verskillende dissiplines – toneelspel en stemwerk, beweging en dans – het om te bied, asook optredes deur die musiekdepartement en die Unam-koor.

Die geleentheid bied ook slypskole aan oor verskeie onderwerpe wat verband hou met die verskillende dissiplines wat in die drama- en musiekdepartemente onderrig word. Hierdie werkswinkels word deur dosente en sommige senior studente gefasiliteer en is gratis om by te woon.

Kaartjies is beskikbaar via Webtickets teen N$30 vir elke optrede.

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer