Foto argief
Foto argief

'The Gathering ' vier samesyn

Iréne-Mari van der Walt
Kunstenaars, innoveerders en entrepreneurs kom Saterdag in Swakopmund byeen vir The Gathering.

Dié geleentheid, wat by die Primêre Skool Namib se saal aangebied word, het ten doel om kreatiwiteit en konneksie aan te moedig.

“Dit is ’n samekomsgeleentheid om ervarings te deel en te vier wat ons as Namibiërs doen. Ons doen so baie, maar ons vier dit so weinig,” sê Laschandré Coetzee van die Project Room.

Die idee het glo vlamgevat saam met Dan Craven van Onguza Bicycles, ’n besigheid wat unieke fietse maak wat oraloor die wêreld geniet word.

Met The Gathering sal kunstenaars en entrepreneurs die geleentheid kry om as ’n gemeenskap saam te kom.

“Om ’n besigheid te begin is moeilik en daar is baie min ondersteuning. The Gathering is daarop gemik om leergeleenthede en ervarings te deel van mense uit verskeie bedrywe.

“Hulle deel hul siening oor entrepreneurskap in die besigheidsin, maar ook net oor wat dit is as Namibiërs om Namibië te navigeer," sê Coetzee.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer