Suidooster sterre môre in Windhoek
Aanhangers van die Suid-Afrikaanse sepie, Suidooster, kan môre om 13:00 vier van dié sepie se sterre Gantane Kusch (Siya), Annelisa Weiland (Kate), Theodore Jantjies (Aiden) en Craig Adriaanse (Gary) by The Grove-inkoopsentrum ontmoet voor die Istore/Slowtown Coffee Roasters.
Weiland en Jantjies is altwee ou hande in die Suid-Afrikaanse bedryf en het saam op die geliefde sepie 7de Laan verskyn as Hilda van Zyl en Xander Meintjies. Kusch het ’n paar jaar gelede naam gemaak met ’n verskyning in die bekroonde rolprent Noem My Skollie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie