No Image Caption

'Reën' Vrydag verwag

Iréne-Mari van der Walt
Tydens hul sprokiestroue in Desember verlede jaar het die plaaslike musikant Esmarie haar liedjie “Reën” met haar man, Kris Labuschagne, en hul gaste gedeel.

“Ek was aanvanklik nie van plan om die liedjie vry te stel nie, aangesien dit ’n geskenk aan my man was en net vir hom en ons gaste bedoel was. Ná ons troue het al die gaste gevra wanneer ek die liedjie gaan vrystel, want hulle wil dit graag luister,” het Esmarie gesê.

Die liedjie dwaal volgens Esmarie al sedert haar verlowing in 2022 in haar kop rond, maar sou vir ses maande ’n gedagte wees voor sy dit die eerste keer kon neerpen.

“Ons het einde 2022 verloof geraak en ek het besluit ek wil vir my man iets spesiaal skryf,” sê sy en vertel sy wou verskeie elemente bymekaarbring.

“Ek wou natuurlik gehad het dit moet ’n liefdesliedjie vir my man wees, aangesien dit ’n trougeskenk aan hom was. Ek wou dat die liedjie moet herinner waar ek vandaan kom en dat dit gelowig moet wees – aangesien ’n troue ’n bevestiging van die huwelik voor God is,” sê sy.

“Ek het lank gedink oor hoe ek dit gaan bymekaarbring en uiteindelik gedink aan reën – hoe ons wag vir reën en bid vir reën en hoe daar mooi in daardie wagperiodes is,” vertel Esmarie agter die inspirasie wat uiteindelik die elemente bymekaargebring het.

“Dit was ’n lang proses. Mense praat altyd van hoe hulle geïnspireer word en ek was natuurlik ’n bietjie geïnspireer, maar baie keer was dit ook baie tegnies,” sê Esmarie.

In daardie stadium was sy nog ’n musiekstudent aan die Universiteit van Pretoria, en Esmarie en van haar vriende het in haar kamer aan die liedjie geskaaf en skuur tot hy reg was.

Haar vriendin en mede-musiekstudent Abigail Coetzee het haar idees verleen om die lirieke te skryf en ’n goeie vriend van beide Esmarie en Kris, Vaughn Ahrens, het saam met sy tromslaner Adam Brandon-Kirby en baskitaarspeler Ray Mup die liedjie opgeneem.

Abigail het ook haar musiektalent by Esmarie en Kris se troue ten toon gestel en het die dag ná hul troue aan haar kêrel verloof geraak.

“Reën” is vanaf eerskomende Vrydag op alle musiekstromingsplatforms beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A