Ranglys van die Predator-flieks
The Movie Guy
Ek het onlangs Predator: Badlands gekyk en dit het my so opgewonde gemaak dat ek al die ander Predator-flieks ook gaan kyk het.
Ek hou regtig van al die Predator-flieks, behalwe een. Die Predators, ofte wel die Yautja, is ikonies. Ek dink dis uiteindelik tyd om ‘n ranglys op te stel van wat ek dink die beste en wat die slegste is. Ek gaan net na die Predator-flieks kyk en nie die Alien vs. Predator-rolprent nie. So, kom ons begin!
7. The Predator (2018)
Die fliek het soveel potensiaal gehad, maar het uiteindelik aanhangers teleurgestel. Alhoewel dit ’n paar snaakse oomblikke en goeie aksietonele het, was dit steeds teleurstellend. Ek is gewoonlik ’n Shane Black-aanhanger, maar nie hierdie keer nie.
6. Predator 2 (1990)
Hierdie fliek is eintlik goed, maar dit voel asof dit iets kortkom. Danny Glover lewer uitstekende spel en ek hou van die “concrete jungle”-omgewing, maar die fliek in sy geheel kon my net nie oortuig nie.
5. Predators (2010)
Die derde fliek in die hoofreeks neem mense na ’n ander planeet en stel ook die Berserker Predator bekend, wat ’n wonderlike toevoeging tot die Yautja-wêreld is. Dis een van daardie flieks wat ek oor en oor kan kyk sonder om verveeld te raak.
4. Predator: Badlands (2025)
Die jongste rolprent in die reeks, Predator: Badlands, is ’n fantastiese aksiefliek en ’n groot stap vorentoe vanaf die laaste drie inskrywings op hierdie lys. Alhoewel die fliek sy kritici het, het ek dit baie geniet. Dit bied opwindende aksie, sterk vertonings en ’n vars rigting wat die reeks weer lewendig laat voel. Dit brei nie net die Yautja se kultuur en taal uit nie, maar maak hulle ook hoofkarakters.
3. Predator: Killer of Killers (Geanimeer, 2024)
Hierdie geanimeerde fliek is verbasend goed. Killer of Killers voel soos drie verskillende flieks in een en dit werk. Dit is prettig, gewelddadig, vol kreatiewe animasie en interessante karakters. Dit is die perfekte toevoeging tot die Predator-reeks. As jy dit nog nie gekyk het nie, sal ek jou aanraai om dit te doen.
2. Prey (2022)
Prey het nuwe lewe in die Predator-franchise geblaas. Regisseur Dan Trachtenberg het duidelik ’n groot liefde vir hierdie karakters, en dit wys. Die fliek is pragtig verfilm, eenvoudig maar kragtig, en daar is ’n goeie balans tussen spanning en aksie. Dit is sonder twyfel een van die beste moderne herlewings van ’n klassieke reeks.
1. Predator (1987)
Niks klop die oorspronklike nie. Predator is ’n absolute ikoniese fliek. Dit begin as ’n standaard militêre aksieprent en verander stadig in ’n wetenskapfiksie-riller wat jou op die punt van jou stoel hou. Arnold Schwarzenegger se “Dutch” is ’n legendariese aksieheld, en die fliek se atmosfeer, tempo en spanning bly ongeëwenaard. Dis alles wat ’n aksieriller behoort te wees.
Dit is my ranglys van die Predator-flieks! Natuurlik mag jou lys dalk verskil. Die Predator-reeks het sy hoogte- en laagtepunte gehad, maar bly een van die mees fassinerende en volhoubare reekse in wetenskapfiksie-aksie. My volledige Predator: Badlands resensie is tans op my Instagram.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie