Plaaslike musiekbedryf verenig
Meer as 20 van Namibië se topmusikante sal môre die verhoog betree vir The Customade Experience by Das Bos om ’n gesin te ondersteun wie se huis onlangs afgebrand het.
Wat as ’n tragiese voorval in Rocky Crest in die hoofstad begin het, het tot ’n landswye beweging gegroei.
Vroeër vanjaar het Angela – bekend as Customade – gesien hoe haar gesin se huis in die vroeë oggendure tot as verbrand nadat ’n selfoonlaaier ’n brand in haar slaapkamer veroorsaak het. Angela, haar suster Gabriela en niggie Sukoo het ongedeerd uit die brand gestap.
“Ek het amper alles verloor,” het Angela in ’n verklaring gesê.
“Maar ek het nie my mense verloor nie. Hierdie program gaan nie oor wat ons verloor het nie. Dit gaan oor wat ons kan herbou – saam.”
Die program wat van 15:00 tot 23:00 by Das Bos plaasvind, bevat die room van plaaslike musiek met onder meer Yeezir, Kalux, DJ Spuzza, Adora, Latoya Stella en Tumi Mohamed.
Nie een van die kunstenaars sal ’n optredefooi ontvang nie. Opbrengste uit kaartjieverkope en skenkings by die venue sal direk aangewend word om Angela se huis te herbou.
Die geleentheid word aangebied deur Alien Art Studios in samewerking met die eienaars van Das Bos en in trotse vennootskap met Castle Lite Namibia.
Om kaartjies te koop, kontak 081 267 8567 of 081 307 7499.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie