#OppiPlaas Sondag op die kleinkassie
Verskeie Namibiese talente sal Sondag om 20:00 op kykNET&kie asook DStv-stroom in #OppiPlaas te sien wees.
Dié fliek, met die plaaslike musikant en musiekvervaardiger Vaughn Ahrens in die manshoofrol (Armand), volg ’n stadsmeisie, gespeel deur Nguundja Kandjii (Zoe), wat by haar werk bedank en noodgedwonge saam met ’n boer – wat skepties is oor hedendaagse bemarkingstegnieke – moet werk.
Ander Namibiërs wat in die fliek speel, is Pieter Greeff (#LANDoftheBRAVEfilm – 2019), My F*k, Marelize! (2025) en Lubinda (2024), Charl Botha (The White Line (2019) en Iitandu (2019); en Jénica Engelbrecht wat haar rolprentdebuut maak.
Hein van Zijl, voorheen betrokke by #LANDoftheBRAVEfilm en Op Pad met my Potjie, het die regisseurstoel vir #OppiPlaas ingeneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie