• Tuisblad
  • Kollig
  • NTV-persoonlikheid van die week: Jeanette Diergaardt

NTV-persoonlikheid van die week: Jeanette Diergaardt

Aktiewe liggaam én gees
Ontmoet vir Jeanette Diergaardt, ’n student in media- en Afrikaanse studies, jeugjoernalis en aanbieder van Flex, NTV se gewilde oefen- en gesondheidsprogram.

Flex is Jeanette se eie breinkind, ’n konsep wat sy voorgestel het toe sy nog as vryskut by Namibia Media Holdings (NMH) gewerk het. Die doel van die program, vertel sy, is om jou spiere en verstand aktief te hou en dit is daarop gemik om aan die drie-eenheid van ’n mens se gesondheid, naamlik liggaam, gees en siel, te werk.

“Flex is daarop gemik om oud en jonk op hul voete te bring en hulle te help om te begin oefen, of verder aktief te bly. Die oefensessies is hoofsaaklik tuisoefeninge vir enigiemand sodat hulle nie teruggehou word deur ’n gebrek aan oefentoerusting of die ruimte waarin hulle hulself bevind nie,” verduidelik sy.

Jeanette, of Jeany soos sy in die nuuskamer bekend staan, het Flex in September 2020 begin koördineer, aanbied en redigeer. Tot dusver was dit vir haar ‘n “insiggewende, sowel as soms uitdagende reis, maar ook vervullend”.

Sy benadruk dat die program nie slegs op fiksheid fokus nie, maar op holistiese gesondheid.

“As die volle potensiaal van Flex bereik word, moet dit ideaal gesproke oor meer as fiksheid gaan, maar oor welstand in geheel.”

Enigiemand met selfoondata sowel as diegene wat toegang het tot GoTv en DStv, kan by Jeany se oefensessies aansluit, aangesien Flex op NMH se sosialemediaplatforms sowel as op dié televisiedienste uitgesaai word.

“Ideaal gesproke behoort daar geen verskoning te wees nie. Om gesond te bly kan so ‘n duur lewenstyl word, wat nie die geval hoef te wees nie. Dit was nooit die natuur se bedoeling dat ons ongesond moet wees en deur die geld in ons sakke beperk moet word nie,” sê sy.

UITDAGINGS

Die mediabedryf in Namibië is beslis nie net maanskyn en rose nie, vertel sy.

“Die uitdagings vir my program sou wees om nie aanklank by die gehoor te vind nie en voortdurend te moet aanpas en met nuwe idees vorendag te kom om meer adverteerders te kry en winsgewend te bly.”

Oor die verskil tussen haar werk as joernalis en rol as aanbieder, vertel sy: “Ek was eers ‘n Flex-aanbieder voor ek ‘n jeugjoernalis geword het en ek sou nie sê dit was vir my só moeilik nie, maar eerder ‘n natuurlike skuif. Om egter die skuif te maak van om net op jou program te fokus na die honderd ander dinge wat jou aandag as jeugjoernalis by NMH verg, was beslis ‘n aanpassing.”

Jeany vertel dit verg beslis selfvertroue om voor die kamera te wees, “maar dit is belangrik om in jouself en dít wat jy doen, te glo. Jy moet vertroue hê in die inhoud wat jy skep. Dit verg ‘n sekere vlak van selfvertroue om nie na die stem in jou kop te luister en nie in jou eie pad te staan nie.”

VRYE TYD

Jeany se passie vir haar werk word in haar persoonlike lewe weerspieël, want sy geniet dit ook om in haar vrye tyd aktief te bly.

Sy bring ook graag tyd saam met haar geliefdes deur. Sy verkies ’n rustige aand by die huis bo ’n raserige kuierplek.

“Ek sal liewer met ’n boeiende boek opkrul as om uit te gaan en met mense te meng. En natuurlik geniet ek dit om in my vrye tyd verlore slaap in te haal as dit nie deur studieverantwoordelikhede en huishoudelike pligte oorgeneem word nie.”

WAT IS VOLGENDE?

Jeany vertel daar is verskeie idees om Flex uit te brei wat met die regte ondersteuning ’n werklikheid kan word.

“My fokus is tans om gehalte-kykstof te bied. Ek hoop ook die Flex Walk-pretdraf of -loop, waarvan daar weer ’n sessie in September sal wees, sal van krag tot krag groei.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%