Nostalgie, groei en verandering
Die Afrikaanse musiekgroep Donkerbaai het onlangs hul eerste enkelsnit, “Ouer Maar nie Wyser nie”, vrygestel met temas van liefde, verhoudings en die onvermydelikheid van ouer word sonder die waarborg van wysheid.
“Die lirieke vang die realiteit van ’n verhouding vas: Die stilte tussen twee mense wat al hoe minder praat, die gevoel dat die ander in ’n taal leef wat jy nie verstaan nie, en die vlamme wat soms kouer raak.
“Tog, ten spyte van die afstand, loop julle steeds saam – trap julle ál dieper in mekaar se spore en sing saam, al is dit soms die verkeerde lirieke,” luidens ’n verklaring van Donderbaai.
Dié groep se naam verwys nie na ’n fisieke plek nie, maar volgens die groep is dit tog ’n plek waar elkeen nostalgies sal voel.
“Dis die vakansiedorp aan die Weskus waar jy jou Desember deurbring, die plek waar jy vriende maak in die strate en jou liefde op die strand ontmoet.
“Dis laat aande op die houthuisie se stoep, langs die vuur, met ’n bier in jou hand. Dis die vroeë oggende se stilte terwyl die branders oor die wit sand breek en die laat middae se stap langs die kuslyn. Dis die saamkuier, om van jou probleme te vergeet,” volgens die verklaring.
Donkerbaai se enkelsnit is tans op alle digitale musiekstroomplatforms beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie