Nog agt weke van fliekgenot

Europese Rolprentfees vertel diverse verhale
Iréne-Mari van der Walt
As deel van die Europese Rolprentfees wat vanjaar vir die 33ste keer in Namibië aangebied word, word ’n verskeidenheid rolprente – wat maatskaplike, sosiopolitieke en politieke temas onder ’n vergrootglas plaas – tans in die hoofstad vertoon.

Die afvaardiging van die Europese Unie (EU), in vennootskap met lidlande van die EU in Namibië, bied die fees aan.

Dié lande is Duitsland, Finland, Frankryk, Portugal, Spanje, Italië, België, Nederland en die Poolse ambassade in Pretoria.

Die betrokke plaaslike instansies is die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie, die Namibiese Filmkommissie (NFC), die Filmmakersvereniging van Namibië (FAN) en Jam Events as die organiseerder.

“Die fees is ’n viering van ons gedeelde verbintenis om kruiskulturele gesprekke en inklusiwiteit aan te moedig,” het die EU se adjunkhoof in Namibië, Gosia Lachut, tydens die bekendstellingsgeleentheid gesê.

Oor die komende twee maande sal daar elke Woensdagaand ’n Europese rolprent by The Village vertoon word.



GIRL PICTURE (2022)

FINLAND

“Girl Picture is ’n beskrywing van die tydperk tussen kinderjare en volwassenheid,” sê Evelina Lappi van die Finse ambassade in Namibië.

Dié drama handel oor twee beste vriendinne, Mimmi en Rönkkö, se ontmoeting met Emma. Anders as Mimmi en Rönkkö is Emma vasbeslote om sukses as ’n kunsskaatser te behaal. Mimmi en Rönkkö se lewensdoelwitte is egter onduidelik. Wanneer die meisies ontmoet, maak nuwe deure vir hulle oop en hulle almal beweeg in nuwe rigtings in. Drie Vrydae is al wat nodig is om hul wêreld onderstebo te keer. Girl Picture word vandag vertoon.



TOUBAB (2021)

DUITSLAND

Regisseur Florian Dietrich se rolprent Toubab is volgens die direkteur van die Goethe Institut in Namibië, Dennis Schröder, ’n akkurate uitbeelding van hedendaagse Duitsland.

Toubab handel oor die Duitse boorling Batu, wat ook in Duitsland grootgeword het, se vrylating uit die tronk.

Die viering van sy vrylating neem ’n drastiese wending en eindig met Batu in boeie en nuus oor sy deportasie na Senegal, sy “tuisland”. In hul pogings om Batu in Duitsland te hou, raak Batu en sy vriend Dennis desperaat.

Toubab word op 18 Oktober vertoon.



CAPITÃES DE ABRIL/APRIL CAPTAINS (2000)

PORTUGAL

Maria de Medeiros se semi-fiktiewe hervertelling van die gebeure van die sogenaamde “Carnation Revolution” wat Portugal van die outoritêre leierskap van Estado Novo sou bevry, word op 25 Oktober vertoon.

“Die rolprent is belangrik vir ons omdat ons volgende jaar die 50ste herdenking van hierdie dag sal vier,” het Joana Vasconcelos van die Portugese ambassade in Namibië gesê.



MISS UNDERSTOOD (2022), BRIEF CASE (2021), STRAY FLOWER (2023)

NAMIBIË

’n Eensame bibliotekaresse moet haar diepste donker geheim in die gesig staar wanneer haar liefde vir ’n man eensydig is in Miss Understood. Die rolprent gebruik volgens regisseur Ester Beukes helder kleure om donker temas uit te beeld.



In Brief Case is die dialoog tydens verfilming opgemaak om die interaksies tussen karakters so realisties as moontlik te maak. Die rolprent handel oor die Amerikaanse sakeman Tom wat op soek is na sy gesteelde aktetas met belangrike sakedokumente in.



Stray Flower handel oor ’n jong Herero, Hinavandu, se emosies wanneer sy ná die volksmoord hoop om weer na haar tuiste terug te keer.

Die drie rolprente word op 1 November vertoon.



IO STO BENE/ I AM FINE (2020)

ITALIË

Die Italianer Antonio het liefde gevind en ’n lewe vir homself in Luxemburg geskep ná hy uit Italië as ’n jong man geëmigreer het. Sy pad kruis jare later met die dinamiese jong Italiaanse kunstenaar Leo, wat uit Italië geëmigreer het op soek na beter geleenthede.

Leo se teenwoordigheid in sy lewe bring ou herinneringe vir Antonio na vore, maar einde ten laaste vind hulle albei vrede ná die warrelwind.

Io Sto Bene word op 8 November vertoon.



LES CREVETTES PAILETEÉS/THE SHINY SHRIMPS (2019) FRANKRYK

Ná ’n Olimpiese swemkampioen Matthias Le Goff homofobiese aanmerkings op televisie maak, word hy deur sy sportfederasie gedwing om ’n gay waterpolospan af te rig. Hierdie groep het net een doelwit. . . om te kwalifiseer vir die Gay Games in Kroasië.

Les Crevettes Paileteés word op 15 Oktober vertoon.



MASHA & VALENTYNA (2023)

POLE

Die dokumentêr is hoofsaaklik op twee Oekraïense burgers se slimfone geneem, en volg twee vlugtelinge se reis na Pole en plaas klem op die moeilike besluite wat hulle – slegs twee vlugtelinge van sowat 7 miljoen wat die grens na Pole in 2022 oorgesteek het – moet maak.

“Dit is die eerste keer dat ons aan die Europese Filmfees deelneem – ons voel baie geëerd,” het Rokita Radoslaw namens die Poolse ambassade in Suid-Afrika by die bekendstelling gesê.

“Hierdie film hoop om kykers te inspireer om te reflekteer op dit wat werklik belangrik is,” het hy gesê.

Masha & Valentyna word op 22 November vertoon.



DOPUNSKA NASTAVA/EXTRACURRICULAR (2019) EUROPESE UNIE

Kort ná sy egskeiding bars ’n pa van ’n negejarige meisie by haar skool in met ’n koek vir haar verjaarsdag en ’n geweer. Haar klas word dan gyselaar gehou met ’n politieke figuur wat hoop om die omstandighede uit te buit vir sy eie selfsugtige redes.

Dopunska Nastava word op 29 November vertoon.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96%