Namibiese visuele fynkuns: Slotaflewering
Die verlede onderskat
Die eerste Namibiese Kunsvereniging sien in 1947 die lig as die vyfde been van die Suid-Afrikaanse Kunsvereniging.
Die vereniging het ten doel om alle kunsvorme – uitvoerend en visueel – te bevorder. So verkry die plaaslike beeldende kunste ’n hupstoot en stelselmatig groei die entoesiastiese organisasie tot ’n baie sterk vleuel van die Republiek van Suid-Afrika.
Die Suidwes-tak word later die Kunsvereniging van Namibië wat mettertyd weer verdeel in die aktiewe Nasionale Galery van Namibië (NAGN) en die Kunsvereniging Erfenistrust (AAHT).
In die Kunsvereniging se vroeë jare het oorsese en Suid-Afrikaanse magte grotendeels kunswaardering in Namibië gevorm en voorgeskryf. Die Wes-Duitse invloed is aanvanklik dominant, maar verloor sy greep gedurende die middel 1980’s.
Later, met politieke onafhanklikheid, kry Eurosentrisme ’n welverdiende dwarsklap van radikale Afrosentriese ondersteuners.
Twee skilderkunstenaars wat skielik opduik as oorgangsfigure in hierdie jare is Themba Masala (1963) wat soos ’n poëtiese Muafangeyo kleurryk skilder en die veelsydige Herman Mbamba (1980). Feminis Jo Rogge (1963) werk onbeskore met grafiese gemengde materiaal.
Haar werk is die eerste blootstelling vir baie toeskouers aan ’n intieme, vrydenkende wêreld. Helge Denker (1969) sit die tradisie suksesvol voort met die ontwerp van posseëls en digkuns.
Rondom die eeuwending neem Namibiese kunstenaars die fynkunsskip oor in ’n bloedlose coup. Nasionalisme word minder belangrik en die kunsgemeenskap vind hulle in wye windstil waters, dobberend met potensiële ryk konsepte. Globalisasie beïnvloed die kunste en bring ’n nuwe ongekarteerde wêreld wat genavigeer moet word.
NUWE WÊRELD
Sou ’n mens so gelukkig wees om met ’n vuurpyl die ruimte ingeskiet te word, kom die geografiese distrikgrense eerste in sig gevolg deur landsgrense en vasteland-kontoere. Google nog verder en die ronde bal van die aardbol hang rustig in die heelal.
So raak die tradisionele in die kunste al hoe meer relatief en minder belangrik. Die toepaslikheid (relevance) van gevestige kodes en sedes word nou opnuut onder die loep geneem en bevraagteken uit ’n nuwe perspektief. Die kosmos gaan oop vir universele vertolkings van die mens.
Miskien is die tyd nou ryp vir die herevaluering en bevryding van ikoniese, spirituele kuns wat nie kreatiwiteit versmoor nie.
In ’n vars, nuwe golf kom jonger kunstenaars verby. Hoopvol dat hulle die boot kundig na ’n groter vasmeerplek sal kan stuur: Nicodemus Immanuel, Fillipus Sheehama (1974), Anita Heystek en Fillemon Amalovu.
Toe die toestand van Namibiese kuns stormagtig in die media betwis was, het ’n skielike besef gesuiwer na die oppervlak gestyg. Die debat het kolonisasie, Eurosentrisme, Afro-kitsch, tradisionalisme en vele ander rand-ismes oorweeg. Die rivier sal kragtig bly stroom as die dinamiese sintese van hierdie vrugbare elemente neerslag vind in trotse kunswerke.
Dit moet die passie van talentvolle Namibiese kunstenaars wees om inspirerende werke te produseer – nie net om hulself nie, maar rare objekte van onbetwisbare gehalte, vir almal om te geniet, eerstens op ’n nasionale en dan internasionale verhoog. Dit sal bewusmaking verg, wat blootstelling eis van die klein groep praktiserende Namibiese kunstenaars se werke aan ’n apatiese Namibiese kykerspubliek.
Die ouer generasie kunstenaars moet begin om die jonger geslag onvoorwaardelik en daadwerklik te mentor. Om werk van uitsonderlike gehalte te lewer, het die geskiedenis telkens gewys dat die oordrag van fyn vaardighede ’n langtermynproses is wat oor geslagte heen verfyn word.
Slegs as die ouer groep Namibiese kunstenaars hulself verbind tot die onderrig van jong aspirante-kunstenaars en die jong klomp gewillig is om te luister, sal uitmuntende gehaltewerk moontlik wees. Wie weet tot watter hoogtes en roem?
Rivier wyd en diep. Vloei sterk. Jy is meer as die som van jou konstitusionele dele.
NASKRIF
Al die fynkuns visuele materiaal wat in die artikels gebruik is, is in die besit van die permanente versameling van die Kunsvereniging Erfenistrust, (Art Association Heritage Trust). Besigtig die versameling en sien nog vele meer in Robert Mugabestraat, Windhoek. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie