’n Uitstalling vol verrassings

Oh, My Goodness! – ’n duo-uitstalling deur Heidi Louw en Elisia Nghidishange se E-Tunga Studios – het gister by die Bellhaus Atelier & Galerie-uitstalruimte geopen.

Dié twee vroue met baie verskillende agtergronde in soveel kreatiewe fasette het hande gevat om Oh, My Goodness! te skep. Dié Engelse uitdrukking word gewoonlik gebruik om verbasing uit te spreek, en hierdie duo wil ongetwyfeld verras. Die woord “goodness” kan egter ook na “goedheid” vertaal word, nóg ’n belofte wat hierdie gesamentlike uitstalling inhou.

Beide hierdie outentieke, nederige individue wat verkies om “agter die skerms” te bly, het die vermoë om deur hul kreatiewe uitdrukking vir ons insig te gee in ’n wêreld wat “rou, eg en vry van pretensie en tierlantyntjies” is.

HEIDI LOUW

Heidi leef om te skilder, kuns is in haar gene.

Die verhale agter haar kunswerke is musiek op die oog waar uitdrukkings en situasies om die doek wals, begelei deur ’n koor van seldsame kleurkombinasies. Haar portrette is openhartig en eg, terwyl die stillewes kalmte uitstraal. Elke kunswerk laat die toeskouer nuuskierig, geprikkeld.

Heidi se kunswerke beeld fiksie eerder as sprokiesverhale uit – hulle is nie mooi, laf en luidrugtig nie, maar kalm en ingetoë.

“Vir nou speel kleur vir my ’n baie groot rol. Swart, bruin en grys is nie negatief vir my nie, dit is net waarmee ek die gemaklikste voel. Dit voel meer soos ek, wie ek is,” sê sy terwyl sy praat oor haar stillewe “Abstract City”.

Haar tegniek word gedefinieer deur haar ongewone kwashale, haar sin vir kleur en die besondere manier waarop sy mense uitbeeld.

Die persone wat sy skilder word méns omdat sy wil hê hulle moet duidelik en outentiek wees.

“Ek het ’n drang om die mense in my skilderye anders te maak. Hulle is wie hulle is – daar is geen pretensie nie.”

In “Mama Skiatos” is die kunstenaar geïnspireer deur ’n gevoel wat sy ervaar het terwyl sy gekyk het na foto’s van ’n Griekse troue wat sy bygewoon het. Die bruid se gesigsuitdrukking en die hoek waaruit die foto geneem is, het haar geroer om die portret op ’n eenvoudige dog doeltreffende manier te skilder. Die balans is reg, daar is diepte en daar is ’n gevoel van verwondering – faktore wat Heidi se skilderye so uniek maak.

Heidi is in 1971 in Natal gebore en is in die tagtigerjare deur kreatiewe ouers grootgemaak. Wat ander mense sal sê of dink, het nie die Van Rooyen-gesin gekeer om vrye teuels aan hul kreatiewe uitdrukking te gee nie, al was dit net in die gemak van hul eie huis. Heidi se suster is toegelaat om graffiti op haar slaapkamermuur te spuit, terwyl een muur in die Van Rooyens se sitkamer swart geverf was. Nie die norm in ’n konvensionele Afrikaanse gemeenskap nie. Dit het Heidi van kleins af toegelaat om haar kreatiwiteit te verken. “Ek het net begin skets, dit het natuurlik gekom,” verduidelik sy oor haar vroeë kunseksplorasies. Met ’n beurs om onderwys te studeer, kon Heidi haar roeping volg om kunsvakke te studeer en terselfdertyd ’n opvoeder te word.

Nadat sy drie kinders grootgemaak het, is Heidi nou op ’n punt in haar lewe waar kuns die daaglikse roetine geword het. Ná sy die kombuis in haar ateljee omskep het, hou sy nou eers op skilder wanneer haar man vinnig die doek skuif om aandete voor te berei. “Ek is tevrede,” sê sy terwyl sy op ‘n papiertafeldoek krabbel. Hierdie ingesteldheid gee haar die vryheid om net te wees wie sy is en te doen waarvoor sy lief is. Nie om te skilder vir blootstelling of erkenning nie, maar eerder vir haarself.

E-TUNGA STUDIOS

E-Tunga Studios is die breinkind van Elisia Nghidishange, ’n bekende en bekroonde gemengde media-beeldhouer wat ook drukkuns beoefen.

Sy het E-Tunga Studios in Desember 2021 in Eembaxu geopen. Die kunstenaarsateljee, gebaseer in die Ohangwenastreek, het ten doel om kunsklasse en werkwinkels aan te bied – ’n passie wat sy met Heidi deel, wat ook keramiekklasse by haar ateljee in Walvisbaai aangebied het.

As klein dogtertjie het Elisia gekyk hoe haar ma tradisionele potte vir die huis skep en haar gehelp om die klei voor te berei in ruil vir klei om haar eie klein potte te maak.

In hierdie uitstalling keer Elisia terug na haar wortels deur kreatief te raak met produkontwikkeling en ontwerp vir E-Tunga Studios – ’n kuns wat sy wil oordra en ander wil inspireer om te doen. En wat ’n inspirasie is sy nie deur 80 kg se kleivoorwerpe vir dié uitstalling met die hand te vorm!

Deur die konsepte van tradisionele kleure, vorms en patrone in ongekende kontemporêre waters te toets, is E-Tunga Studio se waardes om te inkorporeer, te improviseer en te vernuwe.

Dit is hoekom dié projek saam met Heidi so gepas is. E-Tunga Studios se kenmerkende ontwerp is eenvoudig, sonder fieterjasies. Danksy die gebruik van tekstuur en natuurlike kleure is die voorwerpe natuurlik, rou en eg. Nog ’n eienskap wat sy met Heidi deel.

Een van die mees kenmerkende vorms in die uitstalling laat jou dink aan ’n miershoop van binne met sy vele gangetjies. Dit is egter nie deur die insek geïnspireer nie, maar deur die konsep van vuur.

“Toe ek daaraan gedink het om die kershouers te skep, was my kinderdae die eerste ding wat by my opgekom het. Ons het nie met elektrisiteit grootgeword nie. Al wat ons as ligbron geken het, was vuurmaakhout en, by seldsame geleenthede, kerse. Dit het my laat dink hoe wonderlik dit sal wees om die storie van hierdie twee voorwerpe te kombineer,” verklap Elisia.

Hierdie kershouer dien ook as ’n stuk kontemporêre kuns wat ook funksioneel is. ‘n Slim manier om na haar wortels te verwys deur terug te gaan na die skep van funksionele voorwerpe vir huishoudelike gebruik.

Nog ’n kenmerkende stuk in die E-Tunga Studios-versameling is die langwerpige vertikale vaasagtige voorwerp wat lyk soos ’n monnik wat ’n warm woljas dra. Die gebruik van kleur komplimenteer een van Heidi se gunstelingkleurskema’s – die bruin palet. Elisia vind inspirasie in tradisionele voorwerpe en neem hulle dan na die volgende vlak.

“Tradisionele potte is altyd met mandjies gemaak, die mandjies het dan baie interessante lyne geskep, maar hierdie lyne is later uitgevee, want dit was nie bedoel om daar te wees nie. Ek het gedink ek kan hulle as inspirasie gebruik om iets funksioneel te skep,” beskryf Elisia haar visie.

Op die vraag oor hoekom Elisia aanhou om voorwerpe van klei te maak, sê sy: “Ek is mal oor klei, maar dit is nie al rede nie, ek het soveel geduld daarvoor en ek dink dit is in my bloed. Dit is iets wat ek geërf het.”

Die kombinasie van hierdie twee kunstenaars was soos om ’n mot na die vlam te bring. Albei het ’n koelkop en realistiese benadering tot kuns. Hulle hou van wat hulle doen, eerder as om dit te doen vir blootstelling, erkenning of roem.

“Ek is tevrede en sodra ’n skildery klaar is, het ek dit alles gegee en die topvlak van geluk bereik. Ek is nie sentimenteel oor my kuns nie; ek kan dit laat gaan. Dit is die proses waarop ek floreer, nie die eindproduk nie,” sê Heidi.

Elisia beaam: “Al wat ek kan sê, is dat ek nooit sal ophou om te skep nie, of ek myself of my besigheid iewers sien of nie, ek gee nie regtig om nie. Solank ek kan doen waarvoor ek lief is. Ek is gelukkig.”

Hierdie twee vroue wat saamkom om Oh, My Goodness! te skep, herinner aan Theodore Roosevelt se woorde: “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is.”

‘n Pragtige sentiment om na te streef.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%