’n Ode aan Michael Jackson
Michael is regtig ’n fantastiese fliek, ongeag wat die kritici mag sê, en ek is opgewonde om meer daaroor te vertel.
As jy ’n Michael Jackson-aanhanger is, dan dink ek jy gaan verlief op die fliek raak. Dis ’n liefdesbrief aan Michael, sy musiek en sy stories.
Ek weet die fliek vermy die meeste van die ongemaklike dele van die kunstenaar se lewe en dit kon meer diepte aan die verhaal gevoeg het. Ek dink die filmmakers was meer op die musiek gefokus en in hierdie geval is dit nie ’n slegte ding nie. Michael is ’n biografiese fliek wat vir sy aanhangers gemaak is. Dis ’n verhaal oor sy musiek en verhoogpersoonlikheid.
Jaafar Jackson doen ongelooflike goeie werk om dit na die silwerdoek te bring, terwyl hy ook uitblink wanneer die storie die hartseer oomblikke aandurf.
Ek wens hulle het meer van Michael se kinderdae gewys, want daar is soveel om te ontdek. Die fliek speel dalk soos ’n konsert af, maar daar is soveel emosie in al die liedjies.
Ek dink die emosionele oomblikke wat die fliek uitbeeld, word op ’n doeltreffende manier hanteer. Dit wys jou Michael se verhouding met sy ouers en hoe elkeen van hulle gevorm het wie hy geword het. Ek kon nie anders as om in daardie oomblikke saam met hom te lag en te huil nie. Juliano Krue Valdi, wat die jong Michael speel, is 'n absolute uitblinker.
Buiten die twee akteurs wat Michael speel, dink ek Colman Domingo, wat Michael se pa Joseph Jackson speel, is fenomenaal. Die res van die rolverdeling is ook wonderlik, al verskyn hulle nie so baie nie.
Ek dink die produksieontwerp was ook ongelooflik. Die fliek het sommige van Michael se mees ikoniese oomblikke op die ongelooflikste maniere teruggebring.
Die eerste keer wat hy die “moonwalk” gedoen het, is skoot vir skoot herskep en dit is presies wat hierdie fliek so spesiaal maak. Dit het van sy wonderlike oomblikke na die grootskerm gebring.
Wat kan ek oor die musiek sê, behalwe dat ek vir die grootste deel van die fliek saamgesing het? Ek het selfs probeer om die “Thriller”-dans te doen.
“Billie Jean” is een van my gunstelingliedjies en die manier waarop dit in die fliek en sy bemarking gebruik word, het my laat voel om dit oor en oor te luister. Michael Jackson was ’n musikale genie en die fliek beklemtoon dit goed.
Baie van die sanger se storie is uitgelaat, aangesien dit in 1988 eindig. Daar is geen twyfel dat hy ’n ikoon is nie en ek dink dit is dalk die belangrikste ding wat in hierdie fliek ontbreek.
Ek hoop daar word ’n tweede fliek uitgereik en ek hoop dit sal op sy lewe in die 1990’s fokus.
My ouers het ons van kleins af na Michael se musiek laat luister, so ek het ’n regte verbintenis met sy musiek, en dis waarskynlik hoekom ek ’n bietjie bevooroordeeld is wanneer dit by hierdie fliek kom.
Dis nie ’n perfekte fliek nie, maar ek sal dit graag weer wil kyk. Ek dink vir die musiek alleen verdien die rolprent 4 uit 5 sterre.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie