Marvel se eerste gesin
The Movie Guy: Resensie
Ek dink daar is net één woord wat die jongste MCU-fliek perfek beskryf en dis fantasties!
Ek het nie hoë verwagtinge vir The Fantastic Four: First Steps gehad nie. Ek kan met alle eerlikheid sê ek was nie 100% oortuig van die rolverdeling nie, maar ek sal erken ek was verkeerd.
Die vier hoofakteurs is perfek in hul rolle en dis wat hierdie film so ’n plesier maak om te kyk. Die fliek se regisseur, draaiboekskrywer en die akteurs verstaan presies wie Marvel se Eerste Gesin is. Hul storie is ingewikkeld en ek dink dis hoekom soveel van die vorige films dit nie kon regkry nie.
Die Fantastic Four is eerste ’n gesin, voordat hulle superhelde is. Die eerste twee filmverwerkings het nie daarin geslaag om die karakters van die bladsy na die skerm aan te pas nie. Ek wil nie eens oor die 2015-film praat nie.
Pedro Pascal is fantasties as Mister Fantastic, hy wys ons nie net die briljantheid van Reed Richards nie, maar ook wie hy as pa en leier van die span is. Ebon Moss-Bachrach is The Thing. Hy het Ben Grimm se sagtheid en krag perfek vertolk.
Joseph Quinn is presies wat die Human Torch moet wees. Hy het elke toneel waarin hy Johnny Storm was, gesteel. Vanessa Kirby is briljant as Invisible Woman. Sue Storm was nog altyd die kern van die groep en sy is wie die span nodig het.
Ek is ’n Fantastic Four-aanhanger vir so lank as wat ek kan onthou, my eerste superheld-T-hemp het die Silver Surfer op gehad. Die Surfer in die fliek is dalk nie Norrin Radd nie, maar Julia Garner se weergawe van Shalla-Bal is puik. Ralph Ineson se Galactus is ook fenomenaal, sy stem alleen het my hoendervleis gegee. Die voorkoms van beide die Silver Surfer en Galactus is verstommend. Die feit dat hulle ’n praktiese kostuum vir Galactus gebou het, dra tot die storie by.
Die film is dalk die mooiste MCU-fliek sedert Guardians of the Galaxy Volume 3. Ek is verstom oor die visuele effekte, hoewel daar een of twee tonele is waar jy duidelik kan sien ’n groen skerm is gebruik. The Thing lyk ook ongelooflik.
Hierdie film het ook een van die beste temaliedjies in die hele MCU, elke noot vertel ’n storie. Michael Giacchino het iets ikonies geskep wat perfek by die film pas. Ek kan ook sê dat die retro-futuristiese styl van die fliek perfek is. Dit kon reguit uit die strokiesprentboek se blaaie gewees het.
Kom ons gesels ’n bietjie oor die storie; vir my is dit die belangrikste aspek van enige film. Het ek van die storie gehou? Ja, sommer baie. Dink ek dit kon beter gewees het? Ook ja.
Ek sê nie die storie is swak nie, maar ek voel asof iets in die laaste deel ontbreek het. Ek weet nie, dalk het ek net ’n bietjie meer aksie nodig gehad, of dalk wou ek net hê daar moes ’n paar tonele meer wees.
Ek dink wel Marvel is terug op koers en vir die eerste keer in jare kan ek sê hulle het drie fantastiese flieks agtermekaar gelewer. Fantastic Four is heerlik om te kyk en dit bring iets vars na die Marvel Cinematic Universe.
Ek kan nie wag om die span weer in Avengers: Doomsday te sien nie. Ek beveel die fliek beslis aan!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie