Liezel se nuwe liefdeslied

Annemarie du Toit

‘Jou Weer Eerste Soen’ is Liezel Pieters se splinternuwe enkelsnit – ’n nostalgiese liefdeslied oor daardie spesiale oomblik wat jy wens jy net nóg een keer kon beleef.

Die lied is deur Liezel self geskryf en deur Franja du Plessis vervaardig. Met ’n moderne produksie kombineer dit vars Afrikaanse pop met ’n tydlose romantiese gevoel.

Die lied vertel van ’n ontmoeting wat lank ná die laaste dans steeds by jou bly. Van die blou oë en glimlag tot die eerste soen, vang Liezel die gevoel vas van ’n ontmoeting of liefde wat ’n blywende merk op jou hart laat. Dit laat ’n mens met die vraag: Wat as jy die tyd kon terugdraai en alles weer vir die eerste keer kon beleef?

“Hierdie liedjie gaan oor daardie eerste liefde of eerste ontmoeting wat ’n merk op jou hart los,” sê Liezel. 

Sy hoop om met die lied die bekende gevoel van verlange na ’n spesiale oomblik wat verby is, vas te vang.

’n Musiekvideo word ook op dieselfde dag as die enkelsnit vrygestel, met ’n spesiale cameo-verskyning deur Ruan Josh. Sy verskyning voeg ’n verdere romantiese element tot die verhaal en komplementeer die emosionele atmosfeer van die lied.

Met haar eerlike lirieke, warm stem en opregte vertolking wys Liezel weer eens haar vermoë om musiek te skep waarmee luisteraars hulself kan vereenselwig.

‘Jou Weer Eerste Soen’ is op alle digitale platforms beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-08-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer