Kunssinnig
Jou kunsnuus in een sin
• Bank Windhoek nooi musikante uit om sy temadeuntjie te hermeng en bied pryse aan. Inskrywings is oop tot 17 Maart.
• Die Goethe-instituut bied volgende Donderdag ’n Language Café-geleentheid aan vir diegene wat hul Duits wil oefen.
• Opvoerings van prof. Sifiso Nyathi se verwerking van “God of Women” begin op 2 April by die Nasionale Teater. Graad 9-leerlinge, wat die boek bestudeer, kan die stuk gratis gaan kyk; reëlings kan per e-pos met [email protected] getref word.
• Die Frans-Namibiese Kultuursentrum vier Vrouedag op 10 Maart in samewerking met die Verenigde Nasies onder die vaandel “Accelerate Action” met ’n paneelbespreking oor die gevolge van die ontbinding van die Wet op Huwelike op vroueregte tesame met ’n filmvertoning.
• Die Goethe-instituut bied op 18 Maart ’n vertoning van Franka Potente se fliek “Home” aan.
• Die sperdatum vir inskrywings vir die Teknofest is tot 15 Maart uitgestel. Meer inligting is beskikbaar by teknofest.org.
• ’n Groep Namibiërs het onlangs deelgeneem aan die Suider-Afrika V.S. uitruil-alumni-beraad in Victoria Falls, Zimbabwe, bygewoon. Hierdie beraad help hulle om met Amerikaanse universiteite, besighede en die burgerlike samelewing in verbinding te tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie