Kom lag saam!
The Movie Guy: Resensie
Na ’n lang week is daar net een ding wat alles beter kan maak en dit is ’n goeie komedie.
Tans draai twee komedies in rolprentteaters en ek beveel albei aan. Die eerste is Freakier Friday wat vandag sy buiging maak en die ander is The Naked Gun. Beide hierdie rolprente sal jou uit jou maag laat lag, maar The Naked Gun is beslis gemaak om jou vir ’n oomblik van alles te laat vergeet.
Ek glo die meeste films het nie ’n opvolg nodig nie, maar ek is beslis nie kwaad oor die Freaky Friday-opvolg nie.
Die eerste ding wat Disney reg gedoen het, was om die oorspronklike akteurs terug te bring. Dis ook die enigste rede waarom die meeste mense die fliek sal wil kyk. Is die fliek ’n ramp? Nee, glad nie, maar dis steeds nie perfek nie.
Ek dink van die humor uit die
oorspronklike fliek sal nie so goed vir moderne gehore werk nie, terwyl sommige van die moderne elemente in die fliek ’n bietjie geforseerd voel. Die rolprent het wel ’n goeie storielyn en dit behou die emosionele oomblikke van die eerste fliek, al is dit effens anders. Die gees van die fliek leef voort in die opvolg, terwyl dit ook iets nuuts bied.
Ek is bly hulle het gehou by wat die eerste film laat werk het, want ek het die emosionele dele baie geniet. Die grappies is nie altyd die beste nie, maar wanneer dit wél werk, is dit regtig snaaks. Daar was oomblikke waar ek nie kon ophou lag nie.
Hulle het sommige van die komiese oomblikke van die oorspronklike fliek weer gebruik en dit was wonderlik om dit in ’n moderne tyd te sien afspeel. Die beste dele van die fliek is te danke aan die uitstekende rolverdeling.
Jamie Lee Curtis en Lindsay Lohan weet steeds hoe om pret te hê en dis wat hul vertonings in die film laat uitstaan. Hulle gee ook ruimte vir die nuwe en jonger akteurs om te skitter.
Die musiek is ook fantasties, dit bring daardie vroeë 2000’s se gevoel terug. As jy van die eerste fliek gehou het, het ek goeie nuus: Pink Slip is terug! Dit het my sommer dadelik herinner aan toe ek die eerste Freaky Friday gekyk het. Dis dinge soos dit wat hierdie fliek die moeite werd maak om te kyk.
Dis nie net oor die snaakse of hartroerende oomblikke nie, maar ook die nostalgie wat om die fliek gevou is. Dis dalk nie die beste Disney-opvolg ooit nie, maar dit is een wat ek bly is ek kon kyk en ek moet erken ek sal dit weer doen!
Ek het Freakier Friday regtig geniet, maar ek dink The Naked Gun is verreweg die beter fliek. Liam Neeson neem die leisels by Leslie Nielsen oor as inspekteur Frank Drebin jr. van die Police Squad en is perfek vir die rol.
Pamela Anderson vertolk die rol van Beth Davenport. As jy in die 80’s of 90’s grootgeword het, dan weet jy presies wat om van die fliek te verwag. Ek was skepties, maar die regisseur en die skrywers se kreatiwiteit het my uit my maag laat lag.
Rolprente soos dié is skaars en dit word nie meer op die silwerdoek vertoon nie. Ek wil nie te veel van die fliek se storie verklap nie, want ek hoop almal kry die kans om dit self te gaan kyk. Dis wel nie vir die jonger gehoor nie, maar dis seker hoekom Freakier Friday daar is.
As jy meer oor flieks, TV, of popkultuur wil gesels, besoek my Instagram of stuur ’n e-pos na [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie