Kom groet vanaand vir Grotman!
Namibiërs kan vanaand ná 15 jaar weer op datum kom met die gebeure in Grotman se lewe wanneer akteur Phillru van Achterbergh (voorheen in Binnelanders) die leisels vir dié karakter by die gesoute akteur Hannes Müller oorneem.
Die oorspronklike Groet die Grotman (met Müller) hou steeds die rekord vir die meeste vertonings oor die langste tydperk, met meer as 1 000 vertonings oor ’n tydperk van 10 jaar.
“Jy kom kyk wie jy is in die grot en met watter grotman jy getroud is,” sê die ATKV se voorsitter, Leonie van Rensburg, in gesprek met Kletskompas oor die vertoning vanaand om 18:00 in Windhoek Hoërskool (WHS) se saal.
Groet die Grotman 2 volg Grotman en Elize se huwelik 20 jaar later en beloof om huwelike vanuit ’n humoristiese oogpunt te benader.
“Phillru (van Achterbergh) is ’n klassieke ou en ek dink met sy humor gaan ons net lag en ek dink – soos Leonie gesê het – gaan jy jou man daar leer ken en die mans gaan hul vrouens ook daar leer ken,” sê die ATKV se tesourier, Ansa Ellis.
“As jy 15 jaar terug die Grotman gaan kyk het, kan ek jou belowe jy het baie vergeet en jy het baie verander. So kom kyk weer na jouself en kom vernuwe jouself en bring jou kinders wat toe 15 was en nou 30 is saam met hul gades. Kom maak dit ’n warm familieaand,” sê Van Rensburg.
AKTEUR
Van Achterbergh het in 2012 sy graad aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) verwerf, waar hy drama en film gestudeer het.
Ná universiteit was hy in Liewe Heksie en My Vrou se Man se Lyk se Tas, waar hy die rol van Boris vertolk het. Hy het daarna in My Boetie se Boetie se Baba en Daa’ Gaat die Bruid verskyn en was assistent-regisseur vir My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou. Hy het ook op die gewilde sepie Binnelanders as die dwelmsmous Clint Erasmus verskyn.
Kaartjies vir vanaand se vertoning is by www.eticket.my.na beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie