Kollig-kalender
VANDAG
• 17:30 – Die Botaniese Vereniging van Namibië bied die Tree Awards aan, gevolg deur ’n geïllustreerde praatjie oor inheemse bome wat vir Kersfees versier kan word en skemerkelkies met versnaperinge in die tuin.
MôRE
• 08:00 – ’n Begeleide staptoer deur Windhoek se botaniese tuine. Toegang kos N$30 en is gratis vir lede.
• 18:30 – NGY Worship Festival by Vegkop (WHS), met kosstalletjies, kuierareas en musiek. Kaartjies kos N$150 en is via eticket.my.na beskikbaar. Slegs vir hoërskoolleerlinge.
WOENSDAG 15 OKTOBER
• 18:00 – Die Suid-Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr tree by die Stellenbosch Wine Bar op. Kaartjies kos N$9 750 vir ’n tafel van tien en sluit ’n tweegangmaaltyd en wyn in. Kaartjies is by nam-events.com beskikbaar.
VRYDAG 17 OKTOBER
• 18:30 – Die Unam-koorkonsert vind by Unam se hoofsaal in Windhoek onder die leiding van dirigent Bonnie Pereko plaas. Kaartjies kos N$100 en is beskikbaar via webtickets.com.na.
• 18:30 – People of Song verbind Namibiese musiektradisies soos dreunsang, liggaamsperkussies en koorsang met ’n simfonieorkes en tradisionele instrumente soos djembes en marimbas. Die optrede vind by die Nasionale Teater plaas met ’n tweede vertoning die 18de. Kaartjies begin vanaf N$170 en is via webtickets.com.na beskikbaar.
• 19:00 – Vandeesmaand se Acoustic Friday vind by die Frans-Namibiese Kultuursentrum met Benjamin Piat en Bruno Guelen plaas. Kaartjies kos N$80 vooraf en N$120 by die deur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie