Foto ter illustrasie/Pexels/Karolina Grabowska
Foto ter illustrasie/Pexels/Karolina Grabowska

Kollig-kalender

Iréne-Mari van der Walt
STEEDS AAN DIE GANG

* I feel betta with lametta – ’n Kunsvlyt-bonanza deur Susi Asmus, Margit Calegari en Nockels Werner kan tot 30 Oktober by die Omba-galery in die Namibia Craft Centre besigtig word.

* Elisia Nghidishange se jongste uitstalling, House of Connection, kan tot 2 November by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.

* Duif Keyser se uitstalling, The Odd Ones, ’n versameling van beeldhouwerke, word tot 2 November by die Nasionale Kunsgalery uitgestal.

* Ina Maria Shikongo se uitstalling, Echoes of Resistance: The Power of My Voice, kan tot 9 November by die Project Room besigtig word.



VANDAG

• 18:00 – Rooiwyn Rock met Valiant Swart, Illimar Neit en Mari Bosman by die Windhoek Buitekluboord. Kaartjies kos N$275, toegang is gratis vir kinders van ses jaar en jonger. Kaartjies is by eticket.my.na beskikbaar.

• 19:30 – Oktoberfees by die Mercure Hotel in Windhoek met Duitse kos, baie bier en ’n optrede deur die Jägermeister Brass Cartel.



MôRE

• 07:00 – Die Bybelgenootskap bied sy jaarlikse stap vir bybels by WHS se sportvelde aan. Meer inligting is beskikbaar by [email protected].

• 10:00 – Gellerts Stube (Swakop Rivierplot 61) bied ’n Oktoberfees met musiek deur Hellmut Kriess en Gert Meyer aan, met stalletjies, perderitte, kos en vele meer!

• 11:00 – Die Sekelbos Topsfees vind op Otjiwarongo plaas, met optredes deur Elandré, Kurt Darren en Gerhard Steyn. Kaartjies kos N$200 vir volwassenes, N$100 vir skoliere en is gratis vir kinders jonger as 7.

• 18:00 – Die SOS Children’s Villages Namibia bied ’n geldinsamelingsgala ter viering van hul 40ste herdenking by die Mercure Hotel in die hoofstad aan. Kaartjies kos N$500 per persoon of N$10 000 vir ’n tafel van 10.

• 19:00 – Valiant Swart tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies kos N$250 en is by webtickets.com.na beskikbaar.

• 20:00 – Lizz Meiring tree by Droombos op in “Van die rak af” as deel van die FNB Windhoek Woordfees. Kaartjies kos N$250 vir volwassenes, N$200 vir pensioenarisse en N$100 vir kinders tussen 14 en 18 jaar. Geen onder 13’s word toegelaat nie. Kaartjies is by eticket.my.na beskikbaar.



WOENSDAG 30 OKTOBER

• 18:00 – Ongwari Cafe vier saam met Trio Feminale hul 20ste herdenking. Kaartjies kos N$150 en toegang is gratis vir kinders jonger as 12.

• 19:30 – Die komediante Alfred Adriaan en Marc Lottering tree by die Nasionale Teater op. Kaartjies kos N$250 en is by webtickets.com.na beskikbaar.



DONDERDAG 31 OKTOBER

• 19:00 – Ontdek die Ehi/Land/Sand Rites/Rights-installasie by die Frans-Namibiese Kultuursentrum tot 8 November.

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer