Foto ter illustrasie/Maria Tyutina
Foto ter illustrasie/Maria Tyutina

Kollig-kalender

Iréne-Mari van der Walt
STEEDS AAN DIE GANG:

• Amoji - ’n uitstalling deur Toufic Beyhum kan tot 9 Maart by The Project Room besigtig word.

• All In One, ’n versameling van werke deur Anne Lacheiner-Kuhn, Dörte Berner, Foibe Amundaba, Ina Maria Shikongo, Jo Rogge, Lynette Musukubili en Nicole Schaller word deur die Europese Unie aangebied en saamgestel deur The Project Room, kan by die Frans-Namibiese Kultuursentrum besigtig word tot 12 Maart.

• Timeless Tapestry, met 13 internasionale kunstenaars, ontwerpers en ateljees wat deur die Goethe-Instituut aangebied word, kan by die Bellhaus Gallery besigtig word tot 16 Maart.



Dinsdag 5 Maart

• 17:00 – Dozi tree op by Sound Garden in Swakopmund, met ’n tweede vertoning die volgende aand.



Donderdag 7 Maart

• 19:00 – Die komediant Sibolala bied aan Endangered Species: 30 and Uncuffed by die Avani Hotel in Windhoek. Kaartjies is beskikbaar by webtickets.com.na.



Vrydag, 8 Maart

• 19:00 – ’n Opera-aand met die Franse pianis en operasanger Kaoli Ono en Cyrielle Ndjiki word by die Nasionale Teater aangebied. Kaartjies kos N$250 en kan by webtickets.com.na gekoop word.



Saterdag 9 Maart

• 08:00 – Die Botaniese-vereniging bied ’n begeleide staptoer in Windhoek se botaniese tuine (8 Orbanstraat) tot 10:45 aan. Toegang kos N$20 vir besoekers en is gratis vir lede en kinders onder 16 jaar. Verversings sal te koop wees.

• 09:00 – By die Yellowstone Trails word ’n 4x4-pretdag en buite-ekspo gehou. Toegang kos N$30 vir volwassenes en N$10 vir kinders onder 12 jaar. Verversings sal te koop aangebied word. Jy kan die roete in jou eie 4x4 aanpak vir N$350. Vir meer inligting skakel 081 563 3871 of 081 429 8865.

• 16:00 – Die Reitklub in Okahandja hou ’n soesji-aand met musiek deur CeeJay Jacobs. Voorafbesprekings word vereis. Vir meer inligting skakel 081 575 9544.



Sondag 10 Maart

• 06:00 – ’n Tien kilometer Howling Dog Trail-stap by IJG Trails in Kleine Kuppe, gelei deur John Coetzee. Die stap sal ongeveer twee en ’n half uur neem. Dit kos N$50 om deel te neem en nog N$50 vir toegang by die IJG-hek. Vir meer inligting skakel 081 217 5747.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer