Kollig-kalender
VANDAG
– Die bekroonde kunstenaar en woordsmid Lidi de Waal en die geliefde sangeres en liedjieskrywer Petronel Baard span kragte saam vir Vrou, Vrouer, Vrouste – ’n unieke teaterproduksie wat humor, musiek, poësie en die kuns van storievertelling verweef in ’n viering van vrouwees en menslikheid. Die FNB Windhoek Woordfees bied die produksie vanaand om 18:30 by die Beach Hotel in Swakopmund aan. Kaartjies kos N$250 en is by Webtickets beskikbaar.
____________________________
MôRE
– Die FNB Woordfees bied Vrou, Vrouer, Vrouste om 13:00 by Droombos in Windhoek aan. Die gehoor word deur oomblikke van lag, nadenke, hartseer, hoop en selfontdekking geneem in wat as ’n “snaakse, hartseer, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou rustige self” beskryf word. Kaartjies kos N$250 en is by Webtickets beskikbaar.
xxxxxxxxxxxxxxx
Die DBV se klereverkoping vind van 09:00 tot 12:00 by die DBV in Windhoek plaas. Besoekers kan gehalteklere teen bekostigbare pryse koop, terwyl elke aankope direk bydra om diere in nood te help. Toegang is gratis.
xxxxxxxxxxxxxxx
– Die Robinson Private Music Centre (Robins PMC) in samewerking met die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied ’n konsert ten bate van Wêreldmusiekdag aan. Die geleentheid vind by die FNCC in Windhoek van 11:00 tot 17:00 plaas. Die geleentheid bring kunstenaars en gehore bymekaar vir ’n dag van musiek. Toegang is gratis.
xxxxxxxxxxxxxxx
Die Wintermark by Droombos begin om 14:00. Die mark bied onder meer plaaslike handwerk-, kos- en leefstylstalletjies in ’n ontspanne buitelugomgewing. Besoekers kan na ’n verskeidenheid uitstallers en ’n feestelike atmosfeer uitsien. Toegang is gratis.
xxxxxxxxxxxxxxx
Alfred Adriaan in Namibia vind van 14:00 tot 16:00 by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) plaas. Komedieliefhebbers kan uitsien na Positive Strokes, Alfred Adriaan se splinternuwe vertoning. Hy is bekend vir sy uitverkoopte vertonings oraloor Suid-Afrika en internasionaal, en bring skerp, herkenbare humor wat die alledaagse lewe met spitsvondigheid en energie uitbeeld. Die vertoning is PG13 en geen terugbetalings sal vir die geleentheid toegelaat word nie. Kaartjies kos N$250.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie