Foto ter illustrasie/Pexels, Elina Sazonova
Foto ter illustrasie/Pexels, Elina Sazonova

Kollig-kalender 29 Augustus 2025

Iréne-Mari van der Walt
Kollig-kalender 29 Augustus 2025



VANDAG

• 19:00 – Ross Learmonth, die voormalige hoofsanger van Prime Circle, tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies kos N$350.

• 22:30 – SA se Jack Parow tree by Club Origin in Windhoek op. Kaartjies is vanaf N$50 via webtickets.com.na beskikbaar.



MôRE

• 08:30 – Die maandelikse Boeremark vind by die Windhoek-skougronde tot 13:00 plaas.

• 10:00 – Die Benguella-kuierfees word by die hengelklub in Olympia aangebied, met speletjies, snoeker, kos en dans. Kaartjies kos N$100.

• 19:00 – Aandbingo by die Swakopmund Beach Hotel ter ondersteuning van die Promiseland en die Stepping Stone-skool.

• 19:00 – Live in Song met Erna Chimu, Sagarias Tsam en Waters by die Nasionale Teater. Kaartjies kos N$150 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



WOENSDAG 3 SEPTEMBER

• 16:00 – The Handle Bars’ Bike Week is ’n geleentheid gevul met ’n straatfees, musiek, motorfietsgeleenthede, fietsvertonings, ritte, uitstallings van vervaardigers en vele meer. Die geleentheid duur tot die 6de.

Kommentaar

Republikein 2025-11-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer