Kollig-kalender 25 April 2025
STEEDS AAN DIE GANG
• Moods and Moments II – ’n uitstalling deur Mechthild Merdes kan tot 17 Mei by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.
• Art through the eye of an artist – ’n solo-uitstalling deur Andrew van Wyk word tot 14 Junie by die Nasionale Kunsgalery uitgestal.
VANDAG
• 10:00 – Die jaarlikse City of Windhoek /Ae//Gams Arts & Cultural Festival vind by die CoW-parkeerarea plaas. Vanjaar se tema is “The charm goes beyond what you see”. Die feesvieringe duur op die 26ste voort.
• 13:00 – Die Living Earth Expo vind tot 19:00 by die Dagbreekskool in Windhoek plaas, en weer Saterdag vanaf 09:00 tot 15:00. Die geleentheid word gewy aan volhoubare, lewende, organiese boerdery sowel as regeneratiewe praktyke. Meer inligting is by living-earth-expo.org beskikbaar.
• 16:30 – Die KosMOS-fees vind by die Wanderers-sportvelde in Windhoek plaas met plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars en duur op die 26ste voort. Kaartjies begin vanaf N$180 en is via howler.co.za beskikbaar.
• 19:00 – Rumba-aand met Rumba Roots en Kiltir by die Frans-Namibiese Kultuursentrum. Kaartjies kos N$80 vooraf en N$100 by die deur.
MôRE
• 18:30 – Willie Joubert Goes Classic by die Otjiwarongo Christian School se saal. Kaartjies kos N$120 vir volwassenes en N$80 vir kinders onder 12.
SONDAG 27 APRIL
• 09:00 – Die perfekte gesinsmark by die Atlantis-sportklub op Walvisbaai tot 13:00.
DINSDAG 29 APRIL
• 10:00 – Die jaarlikse Lüderitz Kreeffees vind tot 5 Mei by die Waterfront plaas, en bring kuns en kultuur, vermaak en opvoedkundige aktiwiteite en natuurlik hope kreef bymekaar!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie