Foto ter illustrasie/Pexels
Foto ter illustrasie/Pexels

Kollig-kalender 13 Junie 2025

Iréne-Mari van der Walt
VANDAG

• 12:00 – Speel “putt-putt” saam saam met jou pa by die Rossmund-gholfklub buite Swakopmund. Kaartjies kos N$300 per span en is via eticket.my.na beskikbaar.

• 19:00 – Your Ex-boyfriend’s Comedy Show met Slick the Dick en Courage the Comedian, met musikale optredes deur Livingi & Love, by The Village Opera House in Windhoek. Kaartjies kos N$100 en is via webtickets.com.na beskikbaar.



MôRE

• 08:30 – Die Botaniese Vereniging bied ’n begeleide staptoer deur Windhoek se botaniese tuine aan. Toegang kos N$30 en is gratis vir lede en kinders jonger as 16.

• 17:30 – Harry Potter-roldisko by die MTC Dome in Swakopmund. Toegang kos N$50 en die huur van rolskaatse is N$50.

• 19:00 – ’n Duitse “Schlager-partytjie” by Muso’s in Windhoek.



DINSDAG 17 JUNIE

• 09:00 – Save my culture, save my wildlife, ’n versameling van skilderye, lino-afdrukke, batiks en handgeverfde pette deur Jeremiah Haihambo en Tuhafeni Nghiwilepo kan tot 13 Julie by die Omba-galery besigtig word.



WOENSDAG 18 JUNIE

• 19:00 – Seksterapeut en komediant Timothy Kieswetter bied “Die grap van die Huwelik” by Wanderers in Windhoek aan. Kaartjies kos N$350 en is via webtickets.com.na beskikbaar.



DONDERDAG 19 JUNIE

• 19:00 – Die Botaniese Vereniging bied ’n geïllustreerde praatjie deur Silke Rügheimer aan oor “Inheemse alternatiewe vir uitheemse plante in die tuin” by die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut.



VRYDAG 20 JUNIE

• 08:00 – Die Olifant Rally vind op Gobabis tot die 22ste plaas.

• 19:00 – Die Nasionale Jeugorkesfees vind in die Nasionale Teater plaas, met die wêreldpremière van Otjihambarere – ’n Namibiese verhaal deur Eslon Hindunu. ’n Tweede opvoering vind op die 21ste plaas. Kaartjies kos N$150 en is via webtickets.com.na beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2025-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer