Foto ter illustrasie/Pexels, Irina Iriser
Foto ter illustrasie/Pexels, Irina Iriser

Kollig-kalender 12 September 2025

Iréne-Mari van der Walt
VANDAG

• 19:00 – Lavender & Lace met “Tollie Parton” in die Windhoek Afrikaanse Privaatskool se saal ter ondersteuning van die Kankervereniging van Namibië. Kaartjies kos N$4 500 vir ’n tafel van 10, N$3 500 vir ’n groep van tien en N$350 vir enkelkaartjies. Kontak [email protected] vir kaartjies. Let asseblief daarop dat die ouderdomsbeperking 18 is en dit is nie vir sensitiewe kykers nie.



MôRE

• 09:00 – Okahandja Lentefees, met vermaak deur Danie Prinsloo en pret vir almal by Dede’s Place (Shell-vulstasie) tot 17:00.

• 09:00 – ’n Damesoggend met opvoedkundige sielkundige Elana Kriel en sielkundige raadslid Jana Durand by die Arebbusch Travel Lodge, aangebied deur Netwerk. Kaartjies kosN$350, insluitend ontbyt.

• 14:30 – Die Reformation Cantata bied ’n konsert ter ere van Magdalena Kambudu aan deur die Namibiese Nasionale Simfonieorkes onder leiding van Simon Mushaandja, by Bennies Entertainment op Ongwediva. Kaartjies begin vanaf N$65 en is beskikbaar via webtickets.com.na.

• 18:30 – ’n Lente-serenade met die Windhoeker Männerchor en Windhoek Namibië Jeugkoor by De Kayak in Windhoek. Kaartjies kos N$110 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



MAANDAG 15 SEPTEMBER

• 11:00 – As deel van Zero Emissions Week bied Stad Windhoek ’n elektriese voertuiguitstalling by die munisipale hoofkantoor aan tot 17:00, met elektriese voertuie, e-fietse, elektriese busse en e-vurkhysers, asook demonstrasies van laaitegnologie.



WOENSDAG 17 SEPTEMBER

• Die jaarlikse Grootfontein Skou vind plaas op die skougronde tot die 19de. Vir meer inligting besoek www.grootshow.com.

Kommentaar

Republikein 2025-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer