Koffie, kultuur en verbintenisse
In ’n wêreld waar moderne bankwese dikwels haastig en digitaal voel, glo Bank Windhoek ware sukses word steeds op menslike verbintenisse gebou.
Met dié visie bied die bank vanjaar sy eerste Coffee Extravaganza aan – ’n leefstylgeleentheid wat koffie, kreatiwiteit en verhoudings vier.
Volgens Bank Windhoek se uitvoerende beampte van bemarking en korporatiewe kommunikasie, Jacquiline Pack, speel koffie lank reeds ’n belangrike rol in Namibië se sakekultuur. Belangrike gesprekke, nuwe idees en vennootskappe ontstaan dikwels oor ’n koppie koffie eerder as in formele raadsale.
Sy meen mense is vandag op soek na meer as net produkte of dienste – hulle wil ervarings skep wat by hul leefstyl en waardes pas. Daarom gebruik Bank Windhoek nou bemarking wat op ervarings gebaseer is om sterker verhoudings met kliënte te bou.
Die Bank Windhoek Coffee Extravaganza vind op Saterdag 6 Junie by die Windhoek-buitekluboord, in samewerking met Visa, plaas. Die geleentheid begin om 10:00 en beloof om een van die hoogtepunte op Namibië se sosiale kalender te wees.
Besoekers kan na ’n interaktiewe ervaring uitsien waar hulle die volledige reis van koffie – van boon tot koppie – kan ontdek.
Die dag sal braaidemonstrasies, barista-vertonings en proestasies insluit, asook kookdemonstrasies deur plaaslike sjefs wat spesiale kos-en-koffie-parings aanbied.
Die geleentheid bied ook ’n platform vir plaaslike koffiehandelsmerke, baristas en kulinêre talente om hul vaardighede ten toon te stel.
Bank Windhoek beklemtoon hiermee sy steun vir plaaslike ondernemings en Namibiese kreatiwiteit.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie