Joalette weer op pad met haar potjie
Die aktrise Joalette de Villiers reis vanaf 28 November weer deur Namibië in Op Pad met my Potjie.
In die tweede seisoen van dié reeks ontmoet Joalette vir Marlice en Rudie van Vuuren van die kykNET-program Groen: Namibië en geniet ’n beesvleispotjie.
Sy verken ook die geskiedenis van die Basters op Rehoboth met ’n heerlike lamskenkelpotjie. Op Otjiwarongo maak sy ’n krokodilvleispotjie en wat is lekkerder om op Hentiesbaai te eet as ’n steenbraspotjie ná ’n visvanguitstappie? Joalette se avontuur eindig op Noordoewer met ’n pampoenpotjie.
“My nommereenrede om terug te keer bly altyd die mense en my land. Daar’s soveel wonderlike afgeleë plekke en mense wat my laat tuis voel sodra ek daar aankom. Die unieke potjies wat gemaak word, is die kersie op die koek,” sê sy.
Joalette sê sy het ook unieke ervarings gehad terwyl sy die nuutste reeks verfilm het.
“Ek het leer mozzarellakaas maak, boerseep kook, leerwerk doen, visvang en selfs ’n krokodil gevoer! Hierdie seisoen was propvol nuwe, unieke kennis. Absoluut besonders,” vertel sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie