Fees van kore
Sewe kore, 350 stemme
FNB Windhoek Woordfees se immergewilde Koorfees dek 'n wye repertoire wat beslis byval by 'n breë gehoor sal vind.
Sowat 350 koorlede van sewe kore se hemelse en harmonieuse klanke weerklink eerskomende Sondag in die Eros-kerk in Windhoek wanneer FNB Windhoek Woordfees se Koorfees in die hoofstad plaasvind.
Buiten vir bekroonde skoolkore maak ook die befaamde Windhoeker Männerchor onder begeleiding van Erina Junius hul buiging met ’n verwerking van gewilde en bekende Afrikaanse liedjies soos “My hartjie, my liefie”; “Al lê die berge nog so blou” en “Die trane die rol oor jou, Bokkie”. Die program dek ’n wye repertoire wat beslis byval by ’n breë gehoor sal vind.
Die kore wat optree sluit in die Curro Windhoek Gimnasium Sekondêre Skoolkoor (dirigent: Berenice Böck, begeleiding Sanet Lambrechts en Simorein Anton); Curro Windhoek Gimnasium Junior Primêre Skoolkoor (dirigent: Miemie van der Westhuizen, begeleiding Sarina Venter); Collective Singers (dirigent: Ponti Dikuua); Khomas Diverse Choir (dirigent: David !Haoseb, begeleier Elton Mokomelo); Windhoeker Männerchor (dirigent: Erina Junius); Curro Windhoek Gimnasium Senior Primêre Koor (dirigent: Thea Loubser, begeleier Sonet Grobler) en Namib Camerata (dirigent en begeleier Ismael Jr. Khoros /Howoseb).
In lyn met gepaste etiket by die optrede van kore, is handeklap die gepaste manier om waardering te wys eerder as wolwefluite. Onthou om aan te hou klap totdat die hele koor op die verhoog verskyn het om so waardering vir elke lid te wys.
Ouers met klein kinders moet hulle verkieslik by hulle en op hul skoot hou en, wanneer hulle rusteloos raak en moontlik die ervaring vir ander kan ontwrig, eerder na buite te neem.
Wanneer die dirigent die verhoog betree, is dit gepas om hande te klap. As jy dringend moet opstaan of die kerk moet verlaat, doen dit net aan die einde van ’n koor se optrede of dan tussen stukke terwyl die gehoor hande klap. Dieselfde geld vir wanneer jy van jou draai terugkeer. Hou die praatjies en fluister vir later en ná die optrede. Dit en die geluid van die program wat omgeblaai of lekkergoed waarvan die papiertjie afgeskil word, kan die gehoor en koorlede steur. Gebruik ook jou diskresie wanneer jy foto’s neem en sit maar die flitsfunksie byvoorbaat af. Jou selfoon moet al afgeskakel gewees het voor jy jou plek in die gehoor ingeneem het.
Die fees begin om 16:00 by die NG Kerk in Eros en kaartjies is aanlyn teen N$15 per persoon by eticket.my.na beskikbaar, wat ook by die deure aan diens sal wees om dit hier te verkoop.
Kliek hier om te luister na ’n opname van die Windhoek Gimnasium Junior Primêre Skoolkoor: https://n.my.na/eNSyh

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie