Fase vier van 2025
The Movie Guy
Ek het lanklaas ’n persoonlike rubriek geskryf en ek dink dis tyd vir een. Ek weet nie of ek dit doelbewus vermy het of omdat ek gewag het totdat ek iets het om te sê nie. Ek het uiteindelik baie om te sê. Ek is net bly ek kan die volgende fase van my The Movie Guy-reis met almal deel.
Die afgelope paar maande was niks minder as ongelooflik nie. Vir die eerste keer in ’n lang tyd voel dit vir my of ek ’n punt bereik het waar ek regtig trots kan wees op die werk wat ek doen. As ek terugkyk op die laaste drie maande het ek soveel van my loopbaandoelwitte bereik en tog voel dit steeds asof dit net die begin is.
As jy my reis op Instagram, TikTok, YouTube, Facebook of selfs hier in Republikein gevolg het, sal jy weet hoe opgewonde ek was om vanjaar Comic Con Africa by te woon. Ek het reeds gedeel wat daardie ervaring vir my beteken het en hoe dankbaar ek is teenoor almal wat dit moontlik gemaak het. Teen hierdie tyd het almal waarskynlik ook my onderhoud met Misha Collins op YouTube gesien. Ek werk nou al vir net meer as 11 jaar in die mediabedryf en daardie onderhoud was die hoogtepunt van my loopbaan. Ek het van kleins af van so ’n oomblik gedroom. Ek het nie net iemand ontmoet wie se werk ek bewonder nie, maar ek het dit op my eie voorwaardes gedoen. Ek was nie meer net daardie kind van Namibië nie.
Vir sommige mense mag dit dalk nie belangrik lyk nie, maar vir my was dit ’n droom wat waar geword het. Dit het my laat glo dat al die ander drome waarop ek hoop, ook ’n werklikheid kan word. Dis waarop ek die laaste paar weke gefokus het: Om al daardie drome te verwesenlik, maak nie saak hoe lank dit vat nie.
Aan die begin van die jaar het ek vir myself ’n paar doelwitte gestel in die vorm van ’n bingo-kaart wat ek op my sosiale media geplaas het. Sommige van daardie doelwitte is groot en sal jare neem om te verwesenlik, terwyl ander binne ’n paar dae afgemerk is.
Een van hulle was om ’n onderhoud met ’n akteur te voer en dit het ek gedoen. Nog een was om ’n volledige draaiboek te skryf en dit is iets waarmee ek nog mee sukkel. Om kortverhale te skryf is die een waaraan ek onlangs die meeste tyd bestee het.
Ek wou altyd stories skryf en ek het uiteindelik die stories gevind wat ek wil vertel. Stories waarvan almal hopelik sal hou. Die enigste ding waarmee ek sukkel, is om vir die karakters name te gee. So as jy graag ’n karakter in een van my stories wil wees, stuur vir my ’n e-pos en ek sal dalk jou naam gebruik.
Die eerste karaktergedrewe storie waaraan ek werk, is The Preacher. Ek wil nog nie te veel daaroor sê nie, want ek wil nie onnodige verwagtinge skep nie.
Ek werk ook aan iets heeltemal anders as die draaiboeke en kortverhale en dit fokus op die wêreld van professionele stoei.
Die nuwe Leonardo DiCaprio-fliek, One Battle After Another, speel nou in rolprentteaters en dit word as een van die beste flieks van die jaar beskryf.
Ek persoonlik dink dis die moeite werd om te kyk. As jy op soek is na ’n ander, meer lighartige aksiekomedie, dan is London Calling die een vir jou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie