Die misterie van die manne van klip
Die verhaal van die geheimsinnige klipfigure in die noorde van die land soos vertel aan Ron Swilling is in boekvorm by Bellhaus Ateliers & Galerie in Windhoek beskikbaar.
In The stonemen – Flint and Friends in Kaokoland neem Flint die leser op ’n buitengewone reis deur die asemrowende landskappe van Kaokoland soos hy weer bande met sy ou klipvriende optel. Elke bladsy is gevul met fassinerende insigte, deernisvolle gesprekke wat omhul is deur ’n tikkie misterie en lei tot ’n merkwaardige samekoms van die klipmanne. Die boek word ook ondersteun deur ’n uitstalling van kunswerke geïnspireer deur die klipmanne wat ook tans by Bellhaus te sien is. Die boek kos N$300 per eksemplaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie