Photo Caption
Photo Caption

Die Boekrak

Annemarie du Toit

Wanneer ’n gewapende jong man by ’n dameskoshuis in Stellenbosch instorm, verander ’n gewone dag in ’n nagmerrie. Verskeie meisies lê dood voor die gebou se ingang, terwyl ’n groep vrouestudente binne as gyselaars aangehou word. Adjudant-offisier Karla Blanckenberg, ’n ervare gyselaaronderhandelaar van die SAPD, word na die toneel ontbied. Die gewapende man het spesifiek vir haar gevra. Hulle het mekaar al voorheen ontmoet, maar waarom hy juis háár betrokke wil hê, is nie onmiddellik duidelik nie. Langs haar staan adjudant-offisier Colin Menck, wie se dogter self ’n student is. Vir hom is hierdie voorval veel meer as net nóg ’n misdaadondersoek. Terwyl Blanckenberg probeer om met die jong man te onderhandel en sy optrede te verstaan, begin Menck in sy verlede delf. Wat het hom tot hierdie punt gedryf? Watter gebeure en idees het sy wêreldbeskouing gevorm? Namate die ondersoek vorder, word die situasie toenemend onvoorspelbaar en hang die lewens van die gyselaars aan ’n draadjie.

Blinde kol deur Martin Steyn ondersoek die gevaarlike gevolge van vernietigende idees en die manier waarop dit mense se denke en optrede kan beïnvloed.

Kommentaar

Republikein 2026-10-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer