Bloedsomer - Sidney Gilroy
Bloedsomer - Sidney Gilroy

Die Boekrak

Annemarie du Toit

In Bloedsomer deur Sidney Gilroy verloor Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, haar rang en word na die kusdorpie Mooibaai verplaas. Sy verwag waarskynlik ’n rustiger lewe ver van die Vrystaatse vlaktes, maar dit is nie heeltemal wat op haar wag nie. Vroeg in Desember word die grusame oorskot van twee jong vroue ontdek en skielik bevind Petunia haarself as die hoofondersoeker in ’n donker moordsaak wat veel groter is as wat dit aanvanklik lyk. Sy moet haar voete in ’n vreemde omgewing vind én saam met speursersant JP Hendriks werk, wat haar allesbehalwe met ope arms ontvang. Maar hoe pas Die Clowns, ’n sinistere Russiese skeepskaptein, ’n geheimsinnige plaas genaamd Moordenaarskuil en die testament van die Heemstra-familie se matriarg alles bymekaar? En hoekom hou die eerste slagoffer ’n eenvoudige albaster in haar hand? Soos Petunia dieper delf, begin die grense tussen ’n familie se geheime, georganiseerde misdaad en jarelange trauma vervaag. Wat aanvanklik soos ’n enkele moordsaak lyk, ontvou uiteindelik in ’n veel groter verhaal waarin niks heeltemal is soos wat dit voorkom nie.

Kommentaar

Republikein 2026-09-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer