Photo Caption
Photo Caption

Die Boekrak

Annemarie du Toit

Gaan hulle mekaar vind of vernietig? Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy vriendin onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf. Die aantrekkingskrag tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor oor die duiwel-in-die-bos wat glo van sy eks ontslae geraak het, ontdek sy ’n donker kant van Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.

Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe? 

Hoe beter Renske hom leer ken, hoe sterker word haar aangetrokkenheid, maar ook die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig? Droomjagter deur Leon van Nierop is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

Kommentaar

Republikein 2026-07-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer