Photo Caption
Photo Caption

Die Boekrak

Annemarie du Toit

Ses jaar ná die raaiselagtige verdwyning van haar tweejarige dogter, Mia, worstel Tilla Allers steeds met ernstige posttraumatiese stresversteuring (PTSS). 

Die veroordeelde reeksmoordenaar Ricky Erwee sit agter tralies, maar klein Mia se oorskot is nooit gevind nie.

Tilla het haar veeartsenypraktyk prysgegee en haar tienerdogter, Petra, by haar eksman Altus en sy nuwe vrou agtergelaat om ’n kluisenaarsbestaan op die familieplaas naby Bremel in die Vrystaat te voer.

Wanneer Jonker Cloete, ’n jong filmmaker van Nieu-Seeland, sy opwagting op Bremel maak om ’n dokumentêr oor Mia se verdwyning te vervaardig, begin die dorpenaars hul herinneringe opdiep en bespiegel oor wat presies in 2019 gebeur het. Tilla se grootste vrees is dat haar kind se oorskot wel gevind sal word, wat haar sorgvuldig opgeboude lewe sal laat ineenstort as sekere verborge familiegeheime aan die lig kom.

Donkerhart deur Henda Olivier is ’n ontstellende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys.

Kommentaar

Republikein 2026-07-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer