Photo Caption
Photo Caption

Die Boekrak

No Byline

Sarah plus een deur Kristel Loots vertel die verhaal van Sarah, ’n 73-jarige weduwee wat hoegenaamd nie van plan is om stilweg oud te word nie. Met bloedrooi hare, ongelyke oorbelle en ’n lewenslus wat nie deur ouderdom gedemp word nie, leef sy volgens haar eie reëls. Wanneer sy onverwags ’n uitnodiging na haar 55ste matriekreünie ontvang, staan ​​sy voor ’n nuwe uitdaging: Elke gas moet met ’n “plus een” opdaag. Terwyl Sarah probeer uitvind wie haar metgesel kan wees, besef sy dat die reünie veel meer as net ’n aand van herinneringe gaan beteken. Haar terugkeer na haar tuisdorp dwing haar om ou wonde oop te krap, onverwerkte pyn in die oë te kyk en vrae oor haar familie se verlede te konfronteer. Boonop wag daar nog ’n verrassing: Franco, die man wat jare gelede haar hart gesteel én gebreek het, gaan ook daar wees.

Met humor, deernis en emosionele diepte verken Loots temas soos liefde, verlies, vergifnis, familie-erfenisse en die moed om nuwe geleenthede aan te gryp – selfs later in die lewe. Sarah plus een is ’n hartroerende verhaal wat wys dat dit nooit te laat is om vrede met die verlede te maak of weer jou hart vir die lewe oop te stel nie.

Kommentaar

Republikein 2026-07-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer