Die Boekrak
In die bekroonde skrywer Deon Meyer se spanningsroman, Skorpio, ontvang Bennie Griessel en Vaughn Cupido die goeie nuus dat hulle uiteindelik weer tot die rang van kaptein bevorder is. Hul vreugde is egter van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se naaste vriende word onder die motor gevind waaraan hy in sy motorhuis gewerk het. Was dit ’n noodlottige ongeluk of koelbloedige moord? Intussen ontplof ’n woonwa op ’n imposante plaas buite Stellenbosch. Die ontploffing is onverklaarbaar. Nadat die brand geblus is, word ’n liggaam tussen die wrakstukke ontdek.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie