Damara- tradisionele drag op die loopplank

Michael Kayunde
Die negende MTC Windhoek Modeweek het Woensdag met lewenskragtigheid en kulturele diepte by die Maerua-inkoopsentrum in die hoofstad afgeskop.

Die openingsparade, getiteld “Trails of the Damara Horokhoes”, het die ryk tradisie van die Damara-kultuurgroep geëer, en het dié kultuurgroep se tradisionele drag, wat deurspek is met kulturele simboliek, ten toon gestel.

Deur hierdie vertoning van kultuur het ’n stampvol gehoor van verskeie tradisionele Damara-uitrustings en hul betekenisse geleer en kon insig kry in verskeie uitrustings wat vir verskillende geleenthede gedra word.

Dié modeparade het die bande tussen mode en kultuur op die voorgrond geplaas en het ’n introspektiewe pas aangegee vir die week wat voorlê.

Verskeie modeparades word tot môre by verskeie venues in die hoofstad aangebied. Die week se program het onder meer versamelings deur die Kollege van die Kunste (Cota) saam met Nkanda Yatu van Zamibië en K. Moroba & Collective van Suid-Afrika ingesluit.

Vandag sal daar in Onafhanklikheidsrylaan ontwerpe deur studente by Cota en House of Poulton in die kollig geplaas word, met die finale item op die Modeweek-kalendar waar Foxxy By Foxy Ginnah en SIRENGA se ontwerpe môre by die Maerua-inkoopsentrum ten toon gestel sal word.

Sedert die eerste MTC Windhoek Modeweek het hierdie geleentheid homself gevestig as die topplatform vir plaaslike en internasional ontwerpers en ’n geleentheid vir die bevordering van Namibië se modebedryf en kulturele herkoms. Vanjaar se tema is om marktoegang en kleinhandel gespil.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer