Daar is nóg wat kom
The Movie Guy: Resensies
Ek kan nie glo daar is nog net twee maande van 2025 oor nie; ek is wel baie opgewonde oor ’n paar flieks wat nog vrygestel moet word.
Ek weet dit is daardie tyd van die jaar wanneer ons probeer om alles teen ’n slakkepas te doen, behalwe op Black Friday – natuurlik. En ek weet die meeste van ons hou van ’n goeie fliek om te ontspan.
Ek het gaan kyk na tien rolprente waarna ons nog kan uitsien voor ons die nuwe jaar begroet.
Predator: Badlands
7 November
Die Predator-reeks het my die afgelope paar jaar baie beïndruk en Badlands lyk asof dit die potensiaal het om dit weer te doen. Dan Trachtenberg is terug in die regisseurstoel en hy het reeds nuwe lewe in die reeks geblaas.
The Running Man
14 November
Ek dink 2025 is Stephen King se jaar – al die rolprente en TV-programme wat op sy werk gebaseer is, was treffers. Chad Powell is hierdie keer in die hoofrol en ek glo dit gaan baie pret wees.
Now You See Me, Now You Don’t
14 November
Ek het ’n sagte plekkie vir flieks wat oor illusies gaan en die Now You See Me-reeks is een van my gunstelinge. Ek kan nie wag om te sien wat die Horsemen hierdie keer gaan aanvang nie.
Wicked: For Good
21 November
Hierdie is die een fliek waarvoor ek al lank wag. Die musiek, die storie, en die wêreld is asemrowend. Dit gaan waarskynlik jou hart steel en ek sien daarna uit om net weer in die wêreld van Oz te wees.
Zootropolis
28 November
Ek is nie skaam om te sê ek hou van Disney-flieks nie. Die tweede Zootropolis belowe om nog meer kleur en humor te bring en hierdie keer sal ons meer reptiele sien.
Five Nights At Freddy’s
2 - 5 Desember
Die eerste fliek was nie te sleg nie en nogal nostalgies. Hopelik is nommer twee groter en meer vreesaanjaend. Ek weet baie mense sien uit daarna.
Silent Night, Deadly Night
12 Desember
Niks sê “Kersfees” soos ’n moordenaar in ’n Kersvader-kostuum nie. Die fliek is ’n hervertelling van die 80’s-kultusfliek en dit lyk nogal na iets waarvan die gruwelfliek-aanhangers sal hou. Ek oorweeg dit nog of ek dit wil kyk.
Wake Up Dead Man: A Knives Out Mystery
12 Desember
Daniel Craig se speurder Benoit Blanc is terug! Die Knives Out-flieks is altyd spesiaal, al kom dit net op Netflix uit. Ek dink dit gaan ’n perfekte afwisseling wees as jy nie lus is vir al die Kers- of gesinsflieks nie.
Avatar: Fire and Ash
9 Desember
James Cameron neem ons terug na Pandora en dis genoeg rede om opgewonde te raak. Elke Avatar-fliek is ’n visuele ervaring wat jy in die rolprentteater moet kyk. Ek sien uit na die nuwe omgewings, die nuwe stamme en natuurlik, die storie.
Anaconda
26 Desember
Ek weet niemand wil rondom Kersdag uitgaan nie, maar miskien wil jy ’n fliek oor ’n reuseslang gaan kyk? Paul Rudd en Jack Black vertolk die hoofrolle in ’n nuwe Anaconda-fliek en hierdie keer lyk dit of daar meer komedie as slange gaan wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie