Batho Modeweek se loopblank wink vir plaaslike ontwerpers
Die MTC Windhoek Modeweek het aangekondig twee plaaslike modeontwerpers sal Namibië by die Batho Modeweek in Botswana vandag en môre verteenwoordig.
Dié groot eer het Fillemon Hamukoto, die kreatiewe direkteur van Gemini Drip, en Karishma Isaacs, die kreatiewe direkteur van Karnation, te beurt geval.
Die geleentheid vorm deel van die voortgesette uitruilprogram tussen die twee modeweke.
Nou in sy derde jaar skep dié vennootskap steeds geleenthede vir jong Afrika-ontwerpers om hul kreatiwiteit op internasionale platforms te vertoon, wat samewerking, kulturele dialoog en groei binne die Afrika-modebedryf bevorder.
FILLEMON HAMUKOTO
Vir Hamukoto is hierdie oomblik besonder betekenisvol. As ’n voormalige student aan die Kollege vir die Kunste (Cota) het hy vir die eerste keer met Gemini Drip by die Windhoek Modeweek in 2024 gedebuteer.
Sy reis van klaskamersketse tot die loopplank in Windhoek, en nou na ’n internasionale verhoog in Botswana, weerspieël die kern van die Windhoek Modeweek: Om platforms te bied waar opkomende talent ontdek, gekoester en gevier kan word.
“Ek het nooit gedink my eerste vertoning by die MTC Windhoek Modeweek sou my so vinnig na ’n internasionale verhoog lei nie.
“Hierdie geleentheid motiveer my om groter te droom en te wys dat Namibiese mode sy eie identiteit en storie het wat die moeite werd is om met die wêreld te deel,” het Hamukoto gesê.
KARISHMA ISAACS
Vir Isaacs, die kreatiewe brein agter Karnation, is die uitnodiging na Botswana ’n voortsetting van haar handelsmerk se gewaagde reis.
Bekend vir haar selfversekerde ontwerpe wat skerpsinnigheid met kulturele flair saamsmelt, beskou Isaacs hierdie oomblik as ’n kans om haar besigheid uit te brei en kreatiewe samewerkings met ontwerpers oraloor die vasteland te verdiep.
“Mode gaan nie net oor klere nie – dit gaan oor gesprekke, identiteit en storievertelling. Dis ’n eer om my visie in Botswana te deel en idees met ander Afrikane in die kreatiewe bedryf uit te ruil. Dit gaan daaroor om brûe deur mode te bou,” verduidelik Isaacs.
Die direkteur van die MTC Windhoek Modeweek, Luis Munana, het die belangrikheid van die uitruilprogram beklemtoon.
“Hierdie samewerking met die Batho Modeweek is ’n viering van Afrika se kreatiwiteit sonder grense.
“Ons is trots om te sien hoe jong Namibiese ontwerpers soos Fillemon en Karishma internasionale platforms betree en ons bly daartoe verbind om paaie te bou vir ons ontwerpers om te floreer.”
Terwyl die MTC Windhoek Modeweek voorberei om sy 10de bestaansjaar in 2025 te vier, bly die voortgesette vennootskap met die Batho Modeweek ’n dryfveer van sy visie: Om Namibiese mode binne die globale gesprek te posisioneer terwyl die volgende generasie ontwerpers bemagtig word om verder as ons land se grense te droom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie