ANF skud sy vere reg vir Wacken-kompetisie
Die Namibiese metal-groep As Night Fades (ANF) sal op 3 Mei in Johannesburg in Suid-Afrika aan die Wacken Metal Battle vir Afrika suid van die Sahara deelneem.
“Daar is baie druk. Wacken was een van die beste geleenthede waarby ons nog opgetree het, en ons is baie opgewonde om weer daar te speel. Natuurlik sou dit lekker wees om te wen, maar dit is nie alles nie,” het Stephen Slabber, die groep se sanger, gister gesê.
ANF se tromspeler, J-P Jacobs, sê die groep se bestuurder, Nikolai Kaufmann, hou tans die groep op sy tone om te verseker dat die manne goed voorbereid is vir vanjaar se Wacken Metal Battle.
“Daar is baie oefening met ’n baie streng bestuurder en die oefentye is nie onderhandelbaar nie. Ons neem dit hierdie keer baie ernstig op,” sê hy.
Slabber sê die groep verwag om vanjaar beter te vaar want verlede jaar kon hulle sien wat Afrika se metal-groepe kan bied.
Die groep hou vanaand ’n geldinsamelingsgeleentheid by Handle Bar om hul kostes te dek. Hier sal die gehoor vir die eerste keer ooit die geleentheid kry om hul enkelsnit “Sever” te hoor. The World Can Wait en Krash sal ook vooraf optree.
As Night Fades sal by die Wacken Metal Battle vir Afrika suid van die Sahara meeding met ander metal-groepe van oraloor die streek vir die geleentheid om by die grootste metal-fees ter wêreld, die Wacken Open Air Festival in Wacken in Duitsland, op te tree.
Dié fees word sedert 1990 elke jaar gehou en vanjaar, met ikoniese name soos Papa Roach en Guns ’n Roses op hul program, het 85 000 kaartjies vir die fees in vier en ’n half uur uitverkoop.
Die Wacken-opelugfees vind vanaf 30 Julie tot 2 Augustus vanjaar plaas.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie